Dude ruk piel uit, propose aan vriendin
Dié van ons wat al aan ‘n meisie propose het, sal weet dit kan nogal ‘n senutergende affêre wees. Die chick ken jou waarskynlik al goed genoeg om te weet wat jy het om te bied in die lewe en shit, maar tog voel dit of jy beloftes moet maak en jou waarde in woorde moet bewys voor jy daai ring voor haar dangle.
Sean Williamson van Tennessee, Amerika, is nie ‘n man van veel woorde nie. Wel, nie aanvanklik nie … sien, hy’t onlangs ‘n lift iewers heen gekry by ‘n vriendin van hom. In die kar het hy toe sy piel uitgehaal, seker in ‘n poging om te wys hoe ‘n goeie eggenoot hy sal wees. Blykbaar het die woordlose betoning nie die gewenste uitwerking gehad nie, aangesien hy toe trompop vir haar getune het hulle gaan naai. Dié super suave, worthy of James Bond opmerking het hy toe opgevolg deur ‘n pers plastiekring te voorskyn te bring en aan haar te propose.
Ons weet niks van wat die meisie vir hom teruggesê het nie, maar ons kan aanvaar dit was iets in die lyn van “uhm, nee, fokken psycho”. Psycho is reg, want Sean het for good measure die meisie sommer getune haar kinders is eintlik syne. Jissis, hy dink duidelik nie veel van haar as hy reken sy weet nie wie haar kinders se pa(’s) is nie.
Wel, die hele affêre het so ‘n slegte uitkoms gehad soos ‘n huweliksproposal moontlik kan – sy’t hom by die cops aangekla en hy’s in hegtenis geneem.
Hopelik is daar ‘n handboek of twee oor verhoudings in die tronk, want fokweet, Sean kan doen met ‘n kopie van “Proposing for dummies” of so iets. – The Tennessean
Man fake eppileptiese aanvalle om restaurantrekeninge te vermy
So gepraat van weird goed doen om te kry wat jy wil hê – of dan eerder, nie te kry wat jy nie wil hê nie – ‘n 46-jarige boontjie van Baltimore het uiteindelik sy loontjie gekry nadat hy by ‘n rits restaurante gemaak het of hy ‘n eppileptiese aanval kry wanneer die rekening kom.
Ja, toe, maak maar of jy dit nog nie oorweeg het wanneer jy daai strokie check en sien hoe goed daai “shots vir almal, want ek is gelukkig!” plan van jou uitgewerk het nie. Die les is, moenie gelukkig wees nie. Ooit nie.
Andrew Palmer het so ‘n reputasie gekry vir sy well-timed aanvalle dat die paramedics hom by sy laaste stunt al getune het “o, hier’s ons ou al weer” en sommer bygevoeg het “Come on, Andy, stop faking” ensomeer.
So, Andy is beide slim en stupid. Slim, omdat die diefstalle waaraan hy al skuldig bevind is nooit meer as $100 se goedere of kos behels het nie en hy’s dus nooit vreeslik swaar gestraf nie. Hy’s egter stupid, omdat hy die heeltyd in dieselfde area sy stunt pull en mense het nou al gatvol begin raak. Die cops het hom genab en hy word aangehou.
So, oorweeg dit maar mooi voor jy weer ‘n seizure fake om daaruit te kom wanneer jou chick vir die hoeveelste keer haar weird, bejaarde tante wat soos beet ruik huis toe bring en op ‘n threesome aandring. Sy gaan die patroon optel. Maar jy’t dalk groter probleme dan. Get it? Want hulle is vet. Hahahaha … seriously, sterkte, bra. – Huffington Post
Vis staan vir burgemeester
Julle ken natuurlik die uitdrukking “Sjoe, maar ons burgemeester is so ‘n vis”. Né? Fok jou, jou leuenagtige kont, daar bestaan nie so ‘n uitdrukking nie. Hou op probeer inpas. Jy gaan nie.
Inwoners van Ann Arbor in Michigan gaan dit wel moontlik binnekort kan sê. ‘n Twintig-pond karp staan vir burgemeester in dié gebied. Die karp is verlede jaar uit ‘n dammetjie verwyder omdat dit besig was om die ekosisteem daar op te fok. In ‘n waarlik Suid-Afrikaanse fashion is daar toe besluit iemand wat net opfokkery pleeg, moet sweerlik in ‘n politieke posisie geplaas word.
Die karp tweet selfs, onder meer dat sy lawyer ‘n eend is. Hmmm. Dis nou als goed en wel, maar kan ons hom nie eerder kry om hier van die bakstene wat as burgemeesters dien te kom vervang nie? Volgens die internet eet Carp klein insekte en alge en goed, nie fokken tienduisende (belastinggeld) rande se Nando’s nie. En hulle sal ewe veel verrig kry. Dus sal daar wins wees. – Michigan Radio
Nuwe tune: “Wat ‘n vriend het ons in Zuma”
Gepraat van politiek, ons tjommies Die Skynmaagde het ‘n blaadjie uit Johannes Kerkorrel se boek geneem en pas “Wat ‘n vriend het ons in Zuma” bekendgestel. Hier’s wat hulle sê by die Soundcloud-description:
Die lied “Wat ‘n vriend het ons in Zuma” is volgens Die Skynmaagde geïnspireer deur Johannes Kerkorrel se aanpassing van dié aanvanklike Jesus-lied, wat hy destyds tot “Wat ‘n vriend het ons in P.W.” herskep het.
“Kerkorrel se aanprysing van P.W. Botha en die NP in hierdie konteks het ons laat besef dit is tyd vir die lied om in ‘n moderne konteks voort te leef,” meen Die Skynmaagde. “Ons wou op soortgelyke wyse ons onvoorwaardelike liefde vir Jacob Zuma en die ANC aandui. Amen C.”
Lekker, man. JZ number one! Hier’s die tune:
Watkykjy staan op 3,048,224 post views in totaal sedert 1 November, 2019.