Ons USA trippie in die RVs gaan aan waar ons koning Elvis se RV park verlaat en ons mission na Las Vegas verder aanpak. Next stop: Oklahoma city. (Jy kan die vorige legs van die trip hierso uitcheck). Met Lynchurg nou al ‘n fading memory in ons agterkoppe het ons een ding besef: Amerika se deep South is nie ‘n fokken joke nie. Dis soos Vereeniging op meth en krokodil. Met acid. En Red Bull. En ons is bly ons het dit sover oorleef met relatief min fisieke skade. Net so paar sielkundige letsels en lewerskade wat nog so effens knaag.
As jy besluit om Route 66 aan te pak, moet jy onthou dat dinge nie altyd is soos wat dit in die movies is nie. Ja, 66 bestaan nog, maar meeste van die pad is verlate en opgefok. As jy ‘n road trip doen, klap jy dus die I40 (Interstate 40) van Oos na Wes of andersom. Daar is gedeeltes wat jy kan afklim en proper dele van “Historic Route 66” kan klap. As jy kan, moenie by die gewone gas stations aftrek om met juice en bier op te top nie. Check uit vir Phillips 66, want dis waar jy cool dinge sal kokkenodge: van ‘n ou kar, so paar ou signs tot full on museums met kurios en kakkies wat jy vir jouself of die jaloerse mense terug by die huis kan aanskaf.
Volgens legende is die naam Oklahoma afkomstig van die Choctaw Indiaan woorde “okla humma”, wat beteken “My trailer is opgefok deur ‘n moerse tornado. Jissis”. Ons praat sommer kak. Dit beteken eintlik “red people” wat nog meer offensive is. Die pad na Oklahoma City was meerendeels uneventful en ons wou net by die volgende plek aankom om te dos. Dit was ook die langste stretch wat ons moet aanpak – 480 myl (ongeveer 770 kilometer) en dis hier waar Google Maps jou beste tjommie raak vir roetes, estimations en so aan. Google Maps tune jy gaan sewe ure en twintig minute ry. Dan bliksem jy nog so twee ure op die bokant en sprinkle nog so uur bo-op dit. Want jy ry in ‘n RV en dit vat enige iets tussen minimum ‘n uur tot ‘n uur-en-‘n-half vir ‘n stop: petrol, kak (ons kak nie in die RV nie), bier koop en soos marabse by elke Walmart uithang omdat ons fokol gewoond is. Veral dinge soos Walmart employees (‘n man) met pony tails, ‘n receding hairline en boobs. Nie man boobs nie. Chick boobs. En nie mooies nie. Pisgril.
Tip nommer volgende (wanneer jy in RV parks uithang op jou trip): Gebruik Trip Advisor om voor die tyd plekke teen mekaar op te weeg. Die ratings en comments van users is fokken goud werd. So het ons by Twin Rivers RV park in Oklahoma City opgeëindig. Weereens befokte amenities – awesome kakhuise en storte, ‘n shop, braai en kuier area, putt-putt (fok ja! bring die marabs in jou uit, jou zef naai!) en boonop ‘n stretch limo wat jou na die fokken sad casino sal vat en terugbring vir mahala. Jirre, en daai casino is sad. As Gold Reef City vir ou Monte Casino se bolip oopslaan en sy arm breek en Carnival City kom kak op sy bors en hardloop weg – so sad. Bygelowgie Indian krimpies wat allerhand rituals het en hulle pay uit gamble vibes. (Terloops, ons praat van Amerikaanse Indians, nie call centre Indians nie)
Omdat ons so kontver moes ry het ons 5am begin spore maak en Oklahoma City agtergelaat. Nie Oklahoma self nie – dis ‘n motherfucker van ‘n state. Nie die grootste nie, maar ongeveer tien keer groter as Gauteng (laasgenoemde is 18,000 square meter groot as jy jou laergraad wiskunde wil wakker maak). Die cool ding van sulke trips is dat mens kief goed langs die pad sien waarvoor jy nie beplan het nie en vinnig gaan koekeloer. So het ons die Stafford Air & Space museum ontdek en bal gehang vir so uur. Fokken massive NASA vibes. Parte van space ships, vegvliegtuie en space suits. Jy kan die hele geskiedenis van die Space Race daar beleef deur bloot deur die plek te stroll of na enige van ongeveer tien video’s te kyk. Dit was cool, maar het my ook kwaad gemaak omdat ons skooluitstappies back in the day se highlight in twaalf jaar die fokken planetarium in Jo’burg was. Met fokken Sarel Seemonster en Karel Kraai as hosts. Fok.
Sowat honderd-en-twintig myl ná die space uitstappie het ons afgetrek by die National Route 66 Museum in Elk City. Daarso het die beursies gehuil. Heeltemal te veel cool kak om te koop en te sien. Die hele geskiedenis van Route 66 word mooi uitgestal by hierdie pozzie. Nie net die pad homself nie, maar ook so bietjie Amerikaanse history in general. Maar meer van die moderne tipe, I guess. Hulle het byvoorbeeld ‘n massiewe Popeye collection agter glas en sekuriteit is nie ‘n issue nie – die plek word opgepas deur die odd kamera en twee moerse vriendelike krimpie tannies. Jy betaal jou $7, loop rond waar jy wil tot jy gatvol is en fokof. Check gerus die video hieronder uit om vir jou ‘n beter idee te gee.
Let wel dat daar omtrent 30 myl voor hierdie museum nog een is, maar die een wat ons besoek het is die main peanut, so skip die ander een, tensy jy tyd het vir beide, maar moet definitief nie die tweede een skip nie. Omdat tyd ons grootste vyand op die trip was (hangovers was nommer 2), moes ons weer die tekkies laat sing op die I40 West, want Texas het vir ons gewag…
Hierdie leg van die trip: 607 myl (977km)
Fun fact: Die wêreld se eerste parking meter is in 1935 in Oklahoma City ge-installeer
Roete en kaart:
‘n Moerse kompakte video van hierdie gedeelte van die trip. Hopelik sal dit jou ‘n idee gee van wat om te verwag:
View Larger Map
Watkykjy staan op 3,049,183 post views in totaal sedert 1 November, 2019.