Nee bra, ek praat nie hier van Movember vibes nie. Kom ons maak weer vir PDivvy Bok coach want hy het dit mos reg gekry om in sy eerste jaar die All Blacks te bliksem – in Kiwi-land nogal. Ek het dit gaan google en shit. Die span wat ou Piet Helium by Jake gekry het, het ook in 2009 die All Blacks sommer drie keer goed opgefok en ons weet mos ons sou hulle pakslae gegee het as die nie vir Bryce Lawrence was nie.
Chekkit, ek skiem ons fire vir Heineken Meyer sommer nou want dit is nou al twee jaar en sy aantal oorwinnings teen die All Blacks staan op 'n ronde nul. Fine, hy was al naby maar toe choke Morras mos. Vanjaar het Romain Poite ons die game mos gekos en dit was nie die spelpatroon of spankeuses nie, dit was die Fransman se skuld. Verskonings, verskonings. Ek skiem Heineken moet nou maar net eenvoudig die eerbare ding doen en bedank. Ek meen die ander dag toe hy vir Louis Schreuder by sy span ingesluit het, het die armchair experts hom weer gekruisig. Louis het mos die Sharks in die Currie Cup final laat score met 'n kak paas en maak glad nie van rappie uit nie. Dit is als sy skuld. Hy was die een wat die taktiese plan vir die wedstryd uitgedink het en hy was ook die een wat die haaie so goed laat speel het.
Dat Allister, Flekke of Trotspoot nie plan kon maak toe hul gesien het McLeod hul backline heeltyd chip nie… dit is ook Louis se skuld. Louis se lynstaanwerk was net so swak en al die missed tackles is ook sy skuld. So kom ons fire vir Heineken en tune hom hy moet vir Louis saamvat, want ons is die experts en net ons kan potensiaal op 'n myl sien. Op 'n ernstige noot, pis dit my onsaglik erg af dat tietkoppe wat skaars 'n bal kan vang goed kwytraak waarvan hul duidelik fokol weet nie. Hier verwys ek weer na 'n sekere groepie soutpiel blog-drolle wat nog sukkel om skuim te pis.
Een van die tietkoppe het vroeër vanjaar getune hy skeer sy holhare af as niemand die Kings met 100 punte pomp nie. Ek like die feit dat Louis in die span is en, al ken die lat glad nie, het ek hom die seisoen dopgehou en kan ek sien wat Heineken in kom sien. Hy kan groot manne tackle, sy skopwerk is goed en sy diens agter die skrums is puik. Een kak paas maak nie 'n seisoen nie en as julle nou mooi onthou moes iemand iewers op 'n kol Fourie du Preez se rugbybrein ontwikkel tot wat dit vandag is.
Daai ou is Heyneke Meyer.
Watkykjy staan op 3,056,547 post views in totaal sedert 1 November, 2019.