Die stukkie rappie is nie vir diegene wat heeldag in dorpies soos Vegas sit en strippers kyk nie. Okay wag, dalk is dit presies vir daai klomp mal braaiers wat ons vlaggie daar in die overseas waai. Respek, ouens; van straatgwap fotos tot tequila tiete. Slim fokker wat vir Griffin saam gevat het. Ha. Maar seriously julle is soos die Springbokke van braai, maar boys ek gaan met die coach praat en julle maak pushups doen tot jull e kots as julle nie met 'n gong (medalje) of twee terugkom nie. 'n Troep is 'n troep en 'n troep moet kak.
Check, die Rappie Bokke jol ook intussen en ek vir een is so bietjie geworry, soos dit maar gaan. Dalk is dit omdat dit die eerstekeer in donkiejare is wat ons sonder Jannie Dup jol.
Vir diegene wat nie regtig van rappie uitmaak nie – Jannie is die bra wat in die nommer drie trui jol. Bismark se ouboet. Die bra met die semi wit dreads in die foto hieronder. Die dokter van Bethlehem. Onthou daar was nie altyd doktors op Bethlehem nie…
Anyway, Jannie speel vaskopstut oftewel "tighthead prop". Nou gaan doen jouself 'n guns en vra maar enige coach wat dalk so bietjie meer as ek van die game uitmaak en hy sal jou verduidelik hoe donners belangrik en fokken moeilik sy job is. As die boere net vir vaskoppe gebid het soos hulle vir reën doen.
Baie coaches kies spanne in die volgorde: Losskakel, vaskop, slotte en dan die res…
As jy mooi daarna gaan kyk is Jannie se job seker een van die moeilikstes in rappie. Imgine gou iemand moer so 800 kilos op jou skoers so 5-6 keer elke 80 minute. Tighthead jol is amper moeiliker as om jou skoonma te like. En kom ons gaan check bietjie hoeveel games Jannie oor die laaste drie jaar gejol het (try dink aan een wat hy nie vir die Bokke of Sharks gestart het nie…ek dare jou). O ja, en ouens soos hy jol gewoonlik teen ouens soos hy wat 'n bees met een arm op 'n trok kan laai – kak wat ninja's noddefok kan doen nie.
Fine, die bra het so bietjie gesukkel hier teen die einde en het 'n paar tackles teen Province gemis, tog is die Currie Cup presies waar vandag? Coincidence much?
Coincidence dat die ander vaskop van daai final sy plek in die span moet volstaan? Sterkte Frans Malherbe – ja, hy is die eerste Springbok wat per ongeluk so elke nou en dan die Kortbroek se kak op tweeters raaklees. Dink dit is dalk Fransie van Fokof se skuld want ek support mos die recently relegated Griewkas – was al eenkeer in die Kaap en dit was nat en hulle het my shit gesteel.
Kay, piele. Bokke v Wales
Die beste Springbokvoorskou so seminugter-ish
Wat moet gebeur: Ons moet wen. Dis soos party in Palaborwa – daar tel die manne mos eerder die kaklelikste girl op voor hul 'n dratie klap.
Wat gaan gebeur: Fokkit, as ek daai een presies kon antwoord het ek die lotto gepick en my trailorpark trash huis aan Bob Skinstad verkoop. Hy maak uit van trailorpark parties.
Wat noem jy vier Walliesers by 'n busstop? 'n Koor.
Man wat ons moet opfok: Warburton, sommer by die eerste losgemaal.
Terloops, as jy my check tweet van 'n Mossie – mossie is mos Jaques Fourie en ek vir een kan nie wag om te sien hoe die man ons backline se defence uitsort nie. As hy nie 'n rappiespeler was nie, was hy 'n spietkop. Once.
Fok hulle op, Mossie! Ons weet mos jy is soos Amos, en amos kamos.
Kortbroek prediction: Bokke met 1.5 en ek's happy soos 'n prozy met nuwe plakkies.
Griffin prediction: …… Babelas
Watkykjy staan op 3,085,062 post views in totaal sedert 1 November, 2019.