Park Acoustics gooi volgende Sondag (24 November) hulle laaste festival vir 2013 en dit gaan 'n fokken groot een wees! Dit word vir 'n slag weer by die onderste venue gehou by die Voortrekker Monument. Hierdie keer is daar vyf stages om van te kies, so daar word ge-cater vir about enige iemand se musieksmaak.
Die plek is ook family friendly, so as jy snotneus pyporreltjies het, pak 'n bersie, 'n cooler, so paar snacks en UV-what-what in vir jou sensitiewe velletjie. Bring sommer ook jou kamera saam want die view van Clitoria is pretty awesome. Kom vroeg (so net voor 10 bells) en waai net voor 18:00. Betyds om Carte Blanche te kyk en draad te trek met facial scrub terwyl jy saggies ween omdat Maandag se periscope uitsteek…
Ons gee oudergewoonte ook twee double tickets weg (waarde elk R400). Al wat jy moet doen om 'n kans te staan om te wen is om ons te tune wie of wat (vanaf die line-up) jy volgende Sondag die graagste sal wil sien. Sommer onder in die comments. Onthou om 'n legit e-mail adres te los in case jy gekies word om te wen. Ons sal twee random wenners uit die comments kies en hulle sal Maandagoggend teen 10am weet wie hulle is.
Al die info wat jy nodig het om jou speurwerk te doen is op Park Acoustics se Facebook page.
Terwyl ons in Lamerika baljaar het, het Henry Engelbrecht vir ons laaskeer se kiekies gesnap van so paar van die bands: Gran'Mah (‘n band van Mosambiek af), The Plastics en Zebra & Giraffe.
Watkykjy staan op 3,110,892 post views in totaal sedert 1 November, 2019.