Score ‘n dik fancy brekfis vir twee in Melrose Arch.

In Kompetisie deur griffin

 

Ons chill so bietjie in Las Vegas op die oomblik. Dis verskriklik fokken kaklekker. What happens in Vegas sal eventually op Watkykjy opeindig. Daar was nie tyd om 'n Donderdagvideo aanmekaar te slaan nie, vanwee te veel fles vat, dobbel, hot cherries uitcheck en so bietjie werk in die algemeen. Van hier af is dit net downhill maar ons sal vir hom hard vasvat die komende naweek.

Oppad Vegas toe het ons by 'n klein dorpie genaamd Flagstaff gestop met dik hangovers en by 'n diner ingeklok vir so bietjie waffles en stroop vir brekfis. Heel moontlik die beste brekfis ooit op 'n hangover by een befokte all American diner. Check hom uit:
galaxy diner flagstaff

waffles en stroop
Jy hoef nie jaloers te wees nie, want ons het besluit om vir een van julle marabsies in Gauteng 'n brekfis weg te gee by African Pride Melrose Arch Hotel Restaurant. 'n Brekfis vir 2 ter waarde R390. Heavy buffet en a la carte vibes. Daar is shit soos shampagne, oesters twee verskillende salmons, home made yoghurt, sewe verskillende hamme, vier verskillende tipe eiers, vyf verskillende bacons op die menu byvoorbeeld. Nou kan jy ook belangrik voel. Moet net om godsnaam net nie met Crocs daar uitslaan as jy die brekfis wen nie. Ons gaan heavy frons en jou Delmas toe pos met 'n PK.

Om te wen? Stuur 'n foto en 'n kort beskrywing van die beste of kakste brekfis wat jy al getand het. Jy Instagram mos al jou fokken kos in elk geval. Die wenner sal volgende Vrydag aangekondig word as ons weer terug in Zef-Afrika is. Vir nou moet daar eers gaan slaap word. Dis 00:30 die oggend in Vegas en ons wil die volgende drie aande fokol slaap. Want ons kan.

O ja, en hier is vir jou 'n toets. Dis nou min of meer brekfistyd terug in SA. Kyk gou hierdie video en probeer jou brekfis inhou:

Hierdie post is 96 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,469,030 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinScore ‘n dik fancy brekfis vir twee in Melrose Arch.