Ek was lanklaas so fokken excited gewees oor iets soos hierdie! Spaar solank 'n geldjie of twee vir Februarie of check maybe of jy nou al tickets kan kry, want even as jy nie 'n petrolkoppie is nie, gaan jy hierdie dik smaak. Dis soos Top Gear op acid. Hierdie blare het al die MGM Grand in Las Vegas uitverkoop (ons was daar – dis fokken huge).
As jy in jou lewe dalk al 'n X-Games op TV gekokkenodge het, behoort jy te weet wie Travis Pastrana is. Hy is die bra agter Nitro Circus en die ou het al meer bene in sy lewe gebreek as wat jy in jou lyf het – met meer as 20 operasies onder die belt. Hy is die koning van freestyle motcross, ken sy storie op 'n BMX en 'n skateboard en het al gat geskop in Rally en Nascar ook. Basies 'n koning op enige iets wat nie vierkantige wiele het nie.
Nitro Circus Live, Travis se nuwe baba, showcase meer as 40 van die wêreld se beste action sports dare devils en feature freestyle motocross, skateboarding en BMX asook verskriklik dom moves op ander weird contraptions op 'n vyftig voet ramp. Ons praat hier van skates, skoeters, cooler boxes, 'n Barbie kar, driewielfietsies, shopping trollies en boogie boards om net so paar te noem.
Hierdie show is in Februarie 2014 in Kaapstad, Joburg en Durban
Hey, Durban – julle kry vir 'n slag 'n ou bederfie (vryf so op condescending wyse Durban se hare deurmekaar)
15 Februarie – Kaapstad, Cape Town Stadium (tickets vanaf R280)
19 Februarie – Durban, Moses Mabhida Stadium (tickets vanaf R180)
22 Februarie – Johannesburg, FNB Stadium (tickets vanaf R300)
(check hierso vir tickets)
Vir meer info, hulle tour updates en so bietjie behind-the-scenes vibes, kan jy die volgende links uitcheck:
Site: www.nitrocircuslive.com
Twitter: @nitrocircuslive
Facebook: www.facebook.com/NitroCircus.
Nitro Circus Live: http://nitrocircuslive.com/about-us/nitro-circus-live/
So bietjie van 'n video en so paar live action shots:
Ons beplan om na AL die shows toe te gaan en so paar van die manne te interview… Check jou daar so deur die rook, my china!
Watkykjy staan op 3,049,179 post views in totaal sedert 1 November, 2019.