Die jet lag is besig om nog hard te klap, maar ons is besig om so stadig maar seker wakker te word. Oor die volgende paar dae (maybe 'n week of so) sal ons die res van die USA trip met julle deel. Daar is fokken ver ge-travel en tien ouens in twee RVs wat meer as 2000 myl moet klap is glad nie fokken speletjies nie.
In vandag se "episode" is ons nogsteeds op die Lynchburg gedeelte van die trip en vandaar af tel dinge seriously spoed op. Ons het vir die Lynchburg gedeelte van die trip by 'n moerse gawe oom met die naam van Byron Butt Rub gebly. Yup, dis 'n poesweird naam, maar die diep Suide van Amerika is fokken mental, so by all accounts is dit nie so weird vir hulle nie. Die bra het vir ons staanplek vir ons RVs gegee, ons het elke dag gebraai en eventually die 15 odd myl gery na Moore County om deel te neem aan die Jack Daniel's vibes. (Klap 'n browse deur die Watkykjy travel section om ander videos tot dusver te kokkenodge). Lang storie kort, het ons die geesbeker vir Suid-Afrika huistoe gebring, fokken moeg daardie aand vroeg gaan katel vat en die volgende oggend gaan draai skiet by die Jack Daniel's distillery oppad na ons volgende destination toe.
Wat Moore County weird maak is dat dit 'n "dry county" is. Jy mag nie fokken drink daar nie, maar Jack Daniel's word daar gemaak. Faktap, huh? Die Sherrif het so effens weg gekyk tydens die naweek se feesvieringe maar eventually het ons nie om dieselfde vuur gebraai nie. Hy gaan staan soos Chuck Norris voor jou, ruik wat jy drink uit jou red solo cup (pisserige Amerikaanse bier) en poes dit uit op die sidewalk. As jy weer gevang word, is dit county jail toe, pappa.
In elk geval, by die distillery aangekom was ons vir 'n vinnige toer gevat. Dit sou ook die enigste touristy ding wees wat ons gedoen het wat verniet is. By enige ander plek so met ons travels langs was daar enige iets ge-charge vanaf $7 tot $35. Fokol as jy 'n Amerikaner is maar nogal rof as jou currency soos ons arme Randela in die hol genaai word as Zuma sy bek oopmaak of Obama net poep.
Ongelukkig word fokol video of fotografie binne in die distillery self toegelaat waar al die prosesse en secret vibes gebeur, maar ons het gemanage om hierdie outjie hieronder aanmekaar te sit.
Intereressante feit vir die wat dit dalk nie geweet het nie: Jack Daniel's het in 1911 die emmer geskop as gevolg van bloedvergiftiging wat deur 'n infeksie veroorsaak is. Ironies is die emmer nie al wat hy geskop het nie. Hy't actually sy kluis geskop nadat hy sy moer gestrip het omdat hy nie die combo kon onthou nie. Hy't sy toon opgefok en dis waar die infeksie begin het en sy lewe gekos het. Jy sal die actual kluis ook in die video spot as jy mooi kyk:
Watkykjy staan op 3,124,255 post views in totaal sedert 1 November, 2019.