Hierdie is nogal pretty cool, veral as jy 'n Bob Dylan fan is. Sy tune "Like a Rolling Stone" is 'n moerse hit uit 1965 uit en video director Vania Heymann het besluit om die tune so bietjie na die future toe te bring met 'n video. Sy idee was 'n interactive music video wat jou toelaat om deur 16 channels te flip (jy gebruik die arrows op jou keyboard) wat goed soos nuus, game shows, reality programme (Pawn Stars is een) en shopping networks insluit. Maak nie saak deur watter channel jy flip nie, die mense op daardie channel se lippe sal in sync wees met die lyrics van die song.
Sy redenasie? "I'm using the medium of television to look back right at us – you're flipping yourself to death with switching channels in real life."
Daar gaan later blykbaar nog channels bygevoeg word vir hierdie music video deur Interlude – 'n company wat spesialiseer in hierdie tipe van kak en wie ook verantwoordelik was vir die production van Dylan se video.
Fokken genius, pappie! Gaan check dit uit vir jouself hierso
Watkykjy staan op 3,056,549 post views in totaal sedert 1 November, 2019.