Cops jaag dronk bestuurder wat net sy burger klaar wou chow
So, dit gebeur nou maar ongelukkig dat jy effe dronk agter die stuurwiel is. Die polisie check hoe jy in en uit jou baan swaai. Hulle sit jou agterna met loeiende sirenes. Shit! Wat gaan jy doen? Hulle tune jy was nie van plan om te bestuur nie, maar jy moet dringend by die hospitaal uitkom want jou skelmpie skenk geboorte? Dalk sê iemand moes jou drink gespike het, want jy sal nooit drink en bestuur nie? Of jaag weg van hulle, trek drie myl later maar af en verduidelik dat jy net jou Big Mac wou opeet voor jy stop?
As jy laasgenoemde opsie gekies het, is jou naam bes moontlik Randall Miller (31) van Ohio, Amerika. Miller se probleme het begin toe hy amper ‘n voetganger getref het. Die moerige voetganger, wat volgens spekulasie onmiddellik sy voete gestamp, sy vuis in die lug geswaai, geroep het “Oh no he didaaaan’t” en ‘n effens rassistiese dog naïewe rapliedjie geskep het, het besluit om die polisie te skakel. Toe Miller in sy silwer SUV ‘n entjie verder uit ‘n McDonald’s drive through trek en slinger-slinger die pad betree, het die polisie hom gespot en agternagesit.
Ná die jaagtog het hy volgens die polisieverslag aan die beamptes gesê hy’s “jammer en hy was te dronk en hy wou net sy burger klaareet voor hy aftrek”. Hy was drie keer oor die limiet en is natuurlik in hegtenis geneem.
Ja-nee, daai laatnag dronk kos-missions kan maar morsig raak. Randall kan net bly wees hy’t nie fokken poes warm sapperige sous uit ‘n pepper steak pie van BP gemors op sy crotch terwyl hy gery het nie. Glo my. Glo. Fokken. My. – The Mirror
Creepy-as-fuck nar “wou net mense vermaak”
Julle’t dalk die afgelope tyd op die Twitter gesien van ‘n bra in Engeland wat soos die nar Pennywise uit die fliek IT aantrek en mense kakbang maak. As jy nog nie daai fliek gekyk het nie, dis fokken scary. “Hey kid, don’t you want a balloon?” AAAH NEE FOKOF WYK MET JOU FOKKEN SATANBALONNE HIER’S ‘N OULIKE HONDJIE EET HOM EERDER NAR POES!
Anyway, daar word nou al ‘n rukkie gespekuleer oor wie dit is wat dié bright idee gehad het om voetgangers en motoriste kollektief in hul broeke te laat pis. Die Northampton Chronicle het die bra opgespoor en hom ge-interview, hoewel hul nie sy naam verklap het nie. Klink of hy ‘n klap of twee weg het – hy tune hy’t die eerste keer in 1715 soos ‘n nar begin aantrek, toe hy agtergekom het mense is bang vir narre. Ons is te lui om te gaan kyk wanneer narre ontstaan het (evolusie is ‘n leuen!), maar ons dink sy stelling is effens onwaar.
Hy beplan ook om aan te hou om soos die nar aan te trek. So, as jy beplan om Northampton te besoek (het jy regtig niks beter om te besoek nie?), wees op die uitkyk en moenie aanbiedinge van ballone aanvaar nie. Dis soos Nigerian scams, behalwe jy sterf en shit. – Northampton Chronicle
Man kap eie ballas af, moontlik in protes teen huwelik as instansie
Daai opskrif is blatant misleidend … wel, die tweede deel. Want ons vermoed bloot dis die geval. Lekker Fox News vibes. Is jy al geïndoktroneer? Jy fokken beter wees. Stem vir ons, of so iets.
‘n Troue in Brentwood, Engeland, is vertraag nadat ‘n man kort voor die troue by die kerk ingestorm het, oomblikke ná hy sy eie testikels afgesny het. Die dominee en die blommepersoon was besig om die laaste touches op te sit toe die ballose man instorm. Die dominee het heel kalm gebly, die cops gebel en ‘n ambulans het gekom. Obviously was daar redelik baie bloed en een ou sê toe hulle probeer skoonmaak het hy een van die neute daar op die vloer sien lê. Ons dink nogal hierdie dominee verdien ‘n prys of iets, want hy’t die show – skoonmaak, voorberei én die seremonie – só goed gerun dat die bruid van fokol geweet het nie.
Terug by die vermoede dat dit dalk ‘n protes teen die huwelik as instansie wees, dit sal waarskynlik nie goed afgaan as die bruidegom net voor die eerste heilige naai vir haar tune “baby, iemand se ballas is vandag by daai kerk verloor” nie. Of dalk like sy dit, wie weet. Jirre, Engelse mense is weird. – Brenton Weekly News
Dames en here, Egmond!
Hey, julle’t gedink julle is verlos van kak Afrikaanse musiek? Nee, buddy, dis soos die dood en belasting. Verlossing is ‘n vae, onhaalbare ideaal. Jy is Afrikaans, en dus sal jou ore kak.
Take it away, Egmond.
Watkykjy staan op 3,048,705 post views in totaal sedert 1 November, 2019.