Suid-Afrika braai ‘n ding faktap in Amerika

In Travel deur griffin

OK check, ons het in Lynchburg, Tennessee aangekom vir die International Jack Daniels BBQ kometisie. Dis nogals 'n fokken hectic kompetisie en net 100 teams word internationally uitgenooi. Long story short, word kak in Amerika wat "international" is maar met 'n knippie sout gevat. Amerika wen mos alles wat fokken international is. Soos die World Series Baseball kak en what-what. Wat so in Amerika gehou word. Ons sal julle bietjie later tune oor die hele vibe en mooi vertel wat alles gebeur het. Vir nou moet julle maar na hierdie delayed videos kyk. Dis nogal moelik om kak aanmekaar te sit in RV parks. Dis soos om vir buffet te gaan in Mosselbaai se karavaanpark en jou mobile DSTV by die huis te los en al die pad terug te ry.

Nietemin, elke international team (wat poesbaie USA teams insluit) is ge-judge op… wel fok. Lang storie kort, ons het die geesbeker vir Suid-Afrika gewen (even krimpies met Twitter weet dit al teen hierdie tyd). Hierdie is hoe daar ge-prep was om die outjie te wen:

Dik fokken super gees, right? Kezackly (ons maak nog die victory video klaar – ons moes eers tiete gaan kyk het in Amarillo. In die meantime, check sommer die parade wat deur Lynchburg gebeur het. Moenie worry oor die details nie – daar is fokken baie details en die full report sal weldra op die hoof se lessenaar beland voor ons ses van die bests vat. Ons is op die oomblik oppad Las Vegas toe vir die World Food (something-someting), maar ons sal die geesbeker daar ook vat. Ons het kakbaie gees. Kyk solank na die optog deur Lynchburg waar ons op eindig by die moerse lekker VIP Jack Daniel's dinner en uithang saam met een of ander country marabs en daai ander naai wat sy hare peroxide en kak game shows gooi.

Hierdie post is 225 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,483,802 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinSuid-Afrika braai ‘n ding faktap in Amerika