RTD is ultimately maar ‘n musiekfees en soos laasjaar is die main attractions nogals grotes. Skunk Anansie, The Hives, Alt Jay, en Boys Noize.
Ek weet hoe almal sê ‘Ja maar die bands die jaar by RTD is kak’ of ‘hoekom kry sa altyd bands wat 20 jaar terug groot was om nou hier te speel?’
Sharrap jou klein gietergatbek. Jy praat kak want jou mond is ‘n hol en is ondankbaar. Sit eerder dan net en kyk jou favourite bands alleen in jou kamer op YouTube en kap ‘n dratie. Mens gaan mos vir die vibe en nie die musiek nie…
Maar as Skunk Anansie en The Hives jou herinder aan ‘n sokkie toe jy op skool was in 2000 of Alt Jay en Boys Noize en die hipster kids met driehoekie tattoos op hulle nie heeltemal jou gat laat swaai nie is hier 'n paar ander opsies. Suid-Afrika het fokken main musiek en almal van hulle sit ‘n dik show op.
Alt J Sateradag 20:30 Main Stage VS: DJ Mighty 20:00 PO10C Nu World Beat Barn VS: Bradford Keen, Clyton Dunn, Paul Snodgras. Min of meer daai tye in die Savannah Lemon Tree Theatre.
Alt J maak elektroniese musiek gemik op die emosionele en saggeaarde 20-something. Hulle het al heelwat goeie reviews ontvang maar is nou nie jou harde pilpoppende elktro klub musiek nie. Verwag hipsters met ronde sonbrille, vintage baadjies en beanies wat mekaar op die dansvloer vry en in die donker hoekies van die feesterein mekaar raps.
DJ mighty spin al vinyls op die Kuip Town scene vir langer as wat meeste feesgangers al wettiglik mag drink. Hy spin strictly plate en sy voodoo trance like voorkoms en sets hou wit en swart aan die dans to hulle omdonner van die pille. Die res van die ouens wat bo genoem word is almal van SA se snaakste komediante, komp fokken grapkaste. So as jy lus het vir aaptwak klap en lê van die lag weet jy waarheen om te gaan.
The Hives Saterdag 22:00 Main stage VS: Chris Jack Red Bull Electro stage VS. Renegade Bingo VS: nog comedians op die Savannah Lemon Tree stage
As rockmusiek soos die Hives jou vibe is sal jy hulle 10 uur Saterdagaand op die main stage kry. Fokken main band van Swede af. Hulle looi garage punk met fuzz vibes. Die manne is al lank in die tand en ken goed van rock op stage. Ek dink 99% van die RTD crowd gan saam met ‘n paar van hulle tunes sing. As jy eerder elektroniese strale deur jou hare ervaar is Chris Jack van 22:00 af in die RED Bull elektro tent. Ek ken hom nie maar volgends die reviews online is hy all about heavy dans. Kop af en arms op. Sports raving. En onthou, as jou buddy sleg voel of iemand hartseer is van te lekker partytjie is daar altyd die Lemon tree Theater soos vrooer genoem. Daar is ook van 19:00 af Renegade Bingo by die Lemontree stage. Dis die tipe bingo wat krimpies in die outehuise van beroertes en trane die emmers laat skop. Groot pret, heavy pryse.
Skunk Anansie Main stage Saterdag 00:00 VS Kat La Kat VS Niskerone. Saterdag vanaf 00:00 Red Bull Elektro stage VS Bombraider in die Nu World Beat Barn.
Skunk Ansie is seker die grootse band op die bill die jaar. Groot as jy 20 jaar oud in 1996 was. Late 90’s style angry girl vocal rapperige rock met lekker soet balades tussenin. Lekker-in-die-kar-vry-op-Naval-Hill-in Bloemfontein-half –gesuip- weg- geslip – van- die- matriekafskeid- in-1995 – rock vibes. Miskien is die RTD die crowd van 2013 dalk te jonk om songs soos ‘Hedonism’ en ‘Post Orgasmis Chill’ sal ken nie, maar vir die koppe in die crowd wat een of ander hedonistiese ervaring gedurende hulle laat tienerjare ervaar het, sal verseker die nostalgiese trip uitry en geniet. A jy hou van bietjie rustiger House tunes is Kat La Kat te sien. En as daai mal sensasie en genre Dubbel Brandewyn, ek bedoel Drum and Bass jou vibe is stick around vir Niskerone. Dit fok jou op, daai musiek. En Niskerone fok jou behoorlik op sienende hy een van die beste Dj’s is wat Dubbel Brandewyne skink.
Die ander opsie is Bombraider in die Nu World Beat barn. Tydens RTD 2012 was Die Nu World Beat Barn een van die plekke waar ek elke aand na 2 in verdwyn het. Die party daarbinne hou nooit op. Dis full-on disco ligte tot jy kots. Ek het baie nuwe DJ’s hier ontmoet wat befokde tjoens pomp vir die smiling danskoppe. Bombraider is een van hulle.
Boyse Noize Saterdag Red Bull Tent na middernag VS: Jouself
As jy teen die tyd nog Saterdag staan haal ek my hoed af en trek my hemp uit vir jou. Hel, ek gee sommer al my dop vir jou want more gaan ek huistoe en my bene voel al soos jelly van die dans. Boys Noize is n klipharde vuil elektro band van Frankryk. Kliphard. Jou ma sal kots en jou pa sal huil as hulle dit luister. As jy jou soy milk decaf latte oor jou Macbook pro in die koffie shop met free wifi mors en dit klink soos 'n elektroniese epeleptiese aanval en iemand het op daai oomblik die beat van die song in hulle ipod by die tafel oorkant jou met hul mes en vurk begin uittik en al die geluide smelt vir ‘n baie baie kort oomblik saam in jou ore en dit soos n advertensie voel. As dit alles gebeur voor jy besef jou laptop is fuct vir altyd en kliphard poes in die shop skree kry jy Boys Noize. Ek sien uit.
RTD haal at least uit en wys met die Suid-Afrikaanse talent ook. En kyk versteek-seker as jy nie die heeltyd in die tent le en steek nie, uit vir bands en acts soos, Black Cat Bones, Matthew Mole, Hot Water, Gangs of Ballet, Spoek Mathambo en The Nomadic Orchestra. Comedians soos Rob Van Vuuren, Kurt Langeveld, Deep Frined man en ander acts soos Zolla Budde, George Daniel, Rebel Cleff, DJ Danger Ingozi en veral ‘n groep met die naam Bateleur.
Vir die met uithouvermoë soos ‘n boesman en al Donderdag deurdruk RTD toe is daar 'n campsite stage wat net Donderdag run met van Kuip Tjown se hotste nuwe bands. We set Sail, The Dollfins, Jakkals en vele meer.
Genoeg entertainment vir 'n jaar.
Groot Gees.
Watkykjy staan op 3,048,781 post views in totaal sedert 1 November, 2019.