In Tjoerras is daar 'n bar met die naam Ridgebacks. Ridgeback is 'n plek waar lekker tjerries soms dik dronk raak en Ridgebacks gaan probably die beste plek wees om die Cheetahs se game teen die Bulle te kyk – veral as jy nie 'n Bulls bra is nie. Wat noem jy 'n Blou Bull by 'n Currie Cup semifinal? Lost my bra, fokken lost.
Check daai Blou Bull Braaiboy bra het uiteindelik agtergekom sy spannetjie suig so bietjie 'n vet zaber vanjaar en daarom gaan hy voor die game try om onder water te braai. Dik depression vibes. Die plan is om 'n steak te tan en soos dinge nou lyk spice hy dit met Pine Pienaar (Bulle coach) se trane. Maak die Bulle almal rugby spelers. Nee ek praat net kak, maar chekkit uit; onderwater braai is 'n nie vir laaities nie. Dink dit begin like 2uur.
Nou vir so stukkie rappie.
Die Blitzbokke begin die naweek ook so bietjie weer jol. Die keer sonder Paul Treu as die coach. Ons sal maar moet check hoe loop hy. Dis jammer hulle het nie daai Kolbi lat in die span nie. Currie Cup is mos meer belangrik as 'n international event. Kolbi behoort egter steeds Saterdag sirkels om iemand te hardloop (sorry, Sharkies). Fokkit, ek like Province se agterste driehoek en hulle loosies lyk ook meaner nou dat Siya en Duane terug is. Gooi so bietjie Bismarck, Beast en Jannie in die mix en dit behoort 'n solid stukkie rappie te wees. Was dit Jake White se plan om Pat Lambie op die bench te hou? Die bra se gat is seker vol spliters op die stadium. Shame.
Die Lions behoort die Kwaste carrots te gee so ons sal nie te veel daaroor worry nie.
Die game in Bloem kan wel 'n bietjie meer mal ruk aangesien die Spoedkatte (soos Province) net 'n losing bonus point nodig het om van 'n semi verseker te wees. Check daai Johan Goosen lat is ook weer reg om 'n bal te skop. Lekker sous!
Ek sal like van 'n Province v Cheetahs final op Nuweland. Ja, 'n final op Nuweland is about so skaars soos 'n bonus points vir die Streeptruie, tog skiem ek hulle verdien dit so bietjie.
Hulle het laas in 2001 so party gehad. Dit is dieselfde jaar wat Dr Dre daai 2001 album met die daggablaar uitgebring het. In 2001 kon jy nog 'n pakkie smokes vir net so oor die R20 koop en Jackie Selebi was toe besig met sy eerste jaar van Chief of Corruption. Siek fokker!
Lions v Kwaste (15:00)
Kortbroek: Lions met so 23 want de Kwaste is moeg
Griff: Lions met 30
Spoedkatte v Blou Bulle (17:05)
Kortbroek: Die gaan kliphard wees, maar sit solank jou beste Bulls buddy op speed-dial sodat jy hom so 7 uur kan mok oor sy span nie 'n semi het nie.
Griff: Cheetahs met 15.
Sharks v Province (19:10)
Kortbroek: Laasweek 'n bonus point… Province met so 5 want sommer
Griff: Sharks met so 6
Watkykjy staan op 3,101,775 post views in totaal sedert 1 November, 2019.