“Huh? Waddefok beteken Maximum Gishcore?!” hoor ek jou vra.
Nou kom ek verduidelik vir jou ‘n bietjie.
“Maximum Gishcore” is hoe Fuzigish hulle eie musiek beskryf, okay. En om te verstaan wat dit beteken moet jy hulle op ‘n verhoog sien optree.
“Maximum Gishcore” het dus iets te doen met een van die beste live acts wat jy in Suid-Afrika sal sien. Dit is punk en ska, gemeng met soul, rock en reggae. Dit is beer funnels wat in mense se kele afgedruk word en massiewe groot mosh pits. Dit is crowd surfing en stage dives. Dit is sweet en ‘n bietjie bloed en groot hangovers. Dit is fokken kliphard met vuiste in die lug. En dis ‘n helse klomp fun.
In kort, ‘n Fuzigish gig is een van die beste partytjies wat jy ooit sal bywoon.
Toe ek dus die geleentheid aangebied word om die bekendstelling van Fuzigish se nuwe album ‘Crazy Friends’ in Bassline in Newtown by te woon het ek vir Griffin gesê “fok ja!”
Fuzigish bestaan al vir 16 jaar en hierdie is hul vyfde album. Ja, jy het reg gehoor, 16 jaar en 5 albums. Dis nie te kak vir ‘n Suid-Afrikaanse band nie, en 16 jaar en 5 albums later is hulle nog net so relevant soos altyd. Fuzigish is een van daai bands wat altyd respek sal afdwing, want hulle het nog altyd hulle eie ding gedoen. Hulle het byvoorbeeld al hulle albums tot dusvêr onder hulle eie label uitgegee, en dit sê baie van hoe hulle hulleself en hulle musiek sien.
Anyway, die launch party was befok en Bassline was die perfekte spot daarvoor. Die skank pit tydens Fuzigish se optrede het vir ‘n volle 2 ure aangehou, en jy kon selfs vir ‘n haarsny op die verhoog gegaan het. Ja, for realz. En of jy beter of kakker na die tyd geklyk het, het nie regtig saakgemaak nie. Die aand het gewissel tussen Fuzigish se bekende songs en nuwe goed van die ‘Crazy Friends’ album af. En of jy ‘n 18-jarige laaitie of ‘n 35-jaar oue punk was, dit was duidelik dat almal ‘n fokken lekker aand gehad het.
Wat die nuwe album aanbetref – as hierdie tipe musiek enigsins in jou smaak val sal jy nie spyt wees as jy ‘Crazy Friends’ aanskaf nie. Om die waarheid te sê, as punk/ska/reggae nie heeltemal jou koppie tee is nie sal jy nogsteeds nie spyt wees nie. Dis ‘n solid album, sonder enige laagtepunte, en liedjies soos ‘Crazy Friends’ en ‘Question Everything’ is al klaar oppad om nuwe Fuzigish anthems te word.
Ons is na die launch party huistoe met vet smiles op ons gesigte want ons was vir ‘n paar ure ‘n deel van daai brotherhood. Ons was inderdaad ‘Crazy Fiends’.
Big H.
Watkykjy staan op 3,090,626 post views in totaal sedert 1 November, 2019.