Ons kyk vandag na Prof. Bokdrol se submission en is van volgende week af weer terug by julle regular contributions.
Dag Griff,
Jou onlangse Zefspotter post het my laat dink – daar is inderdaad more to zefness as wiele alleen. Ek het toe jou voorbeeld gevolg en bietjie op my BlackOutBerry (as sulks genoem omdat die fokken ding die afgelope tyd, net soos 'n goeie parlementslid, die gewoonte aangekweek het om 'n slapie te vang as dit warm word) gaan rondkrap, en die afgelope week se travels in en om Gauteng tot daar vêr in Mamparalanga in die onderstaande Kakstorie Kompendium saamgestel:
1) Hierdie een gespot tussen Linbro Park en Alexandra. Fok die middelmanne, soos AVBOB en Martin's Funerals – werk direk met die eindverbruiker! "Sannie, gaan kyk gou hoekom de fok het oupa nog nie sy oggendkak gevang nie, toe? Dis al amper tyd vir brekfis." "Mamma, mamma, kom gou! Oupie het 'n hartie gekap in sy slaap van al die McDonalds vreet!" "Jirrejissis, ek is reeds laat vir werk, nou dit ook nog. AVBOB is konte, hulle het laas ouma se storie opgefok, en ons het anyway nie nou geld vir toebies en blomme nie. Luister, bel gou daai mense van Cremos dat hulle hierdie kak kom uitsorteer, toe?"
2) Gepraat van krimpies: gespot in Pitooria by my local mark – hierdie een verstaan 'n geleentheid as hy een sien. "Ah-hah! Poepsie Nel het haar ou Zimmer frame net so weggebliksem in Huis Herfsblaar se asblik – mens kan nie so kwistig wees nie. Ek skiem ek weet hoe om te recycle – ek gaan 'n nuwe shopping trollie maak, fok ja!"
3) OK nou fok ons Middelburg toe – hoekom? Want my familie is serial masochiste, dis hoekom. Ek hoop wel die skerperes van julle merk met bietjie vernuftige speurwerk op dat daardie foudie van 'n redelike afstand van die piskrip af geneem is.
4) Ahhh…Dullstroom. Soos Kaapstad – maar met fokkol berg en fokkol see en fokkol van fokkol behalwe rykgat Gautengers, en heelwat hipsters – hipsters wat hulle EarthAddict stuff in sulke funky biodegradable bruinpapiersakke aankoop en dan wegbliksem. Waar dit eventually biodegrade, nadat dit bitterlik fokken morsig lyk vir 'n jaar of drie – as jy jou rykgat shopping bags in die natuur wegbliksem dan is jy steeds zef. Kap 'n dratie vir environmental awareness.
5) Nou is ons in Makro in Nelspruit. BEE? Fok ja! Level whatevahh jy kan terugeis as aankope (as jy kan lees wat my uit-fokus poging wys – sorry…) En vir die tjerrie op die koek kry ons 'n heartfelt inspirational message vir die dag – met komplimente van Makro, en BEE, en 20 jaar se ANC opvoeding. En na dit alles wil Makro by die deur kyk of 'n onskuldige krimpie nie dalk hulle zak probeer sluk nie. Free at last, free at last – ek sien 'n nuwe hemel kom.
6 en 7) Het julle gedink julle gaan so maklik wegkom? Huh? Huhhh??? Noddefok – zef wiele sal julle kry, en moenie fokken huilerig wees daaroor nie. Gespot in Witrivier: lieflike homoerotiese anime weergawe van Superman en sy blonde muscle bitch ladyboy wat met mekaar baklei oor die eyeliner. Of so iets. Net die ding om op jou bonnet te verf as jy die dag inpull vir daai nuwe job interview.
Met vriendelike groete – and may the Zef be wiff you.
Groete,
Prof. Bokdrol.
Watkykjy staan op 3,110,901 post views in totaal sedert 1 November, 2019.