Watkykertjie, Albert Retief het besluit om ‘n onlangse trip wat hy en sy pa aangepak het deur Vietnam (op kak bikes) met ons te deel. Die bra het ‘n kief video ook aanmekaargesit en befokte foto’s geneem al langs die pad…
Los die groot bikes en fancy toerusting by die huis, want in Vietnam operate jy soos die locals. Ek en my pa (Paul Retief) het vir ons bikes gekoop in Hanoi. Ons het nie veel navorsing gedoen nie, maar het soortvan ‘n idee gehad van waarheen ons wou gaan. Ons het ‘n padkaart gekoop en net in die pad geval. Hoe die paaie sou lyk het ons nie mooi geweet nie, maar die mission was aan!
Nege dae en 1600 km later is ons terug in Hanoi na ‘n mal trip. Die bikes was kwaai en het nie veel probleme gegee nie. Paar welding jobs van goed wat los geskud het, maar niks serious nie. Ek het ‘n ou Minsk van die Ukraine gery en Paul ‘n local Sufat. Die goed wat mens op bikes kan laai in Vietnam is mindblowing. Hulle laai alles van varke tot bome op bikes en scooters en cruise dan stadig oor die bergpasse. Ons het menigde berge oorgesteek en klomp verlate agterpaaie verken. Die polisie het ons ook afgetrek vir ‘speeding’ en met my driver’s licence wat lankal verval het, het ons die bribe onderhandel om dit net terug te maak in Hanoi.
Buite Hanoi is die paaie rof met trokke en potholes dat dit regtig soos ‘n video game voel en daar was tye wat jy twee trokke overtake terwyl nog een van voor af kom met honde wat oor die pad hardloop. Die Vietnamese like ook van hond eet en ons het gereeld gebraaide hond encounter, maar nooit geproe nie. Die kos was luuks en ons het saam met die locals gekuier en ‘n paar lang biere geniet langs die pad. Met handgebare en op papier teken het ons ook uitgefigure dat daar nie ‘n pad anderkant Ba Be lake was nie en dat ons die bikes weer op ‘n klein boot moes laai om verder langs die rivier af te vaar.
Fotografie was ‘n groot deel van die trip en ek het daarop gefokus om die trip akkuraat te probeer capture. Terug in Hanoi het dit geloop met bier teen R3 ‘n glas en goeie rede om die mission te celebrate.
Dis regtig nie ‘n moeilike of gekompliseerde trip nie. Jy kort net geduld en ‘n positive attitude, ‘n paar Vietnamese Dong (local currency) en ‘n local bike…
Hier is ‘n video van so net onder die drie minute wat hopelik die hele vibe van die trip capture, en onder dit is daar nog so honderd foto’s in ‘n slideshow om die storie te vertel.
Foto’s:
Watkykjy staan op 3,048,743 post views in totaal sedert 1 November, 2019.