HemelBesem – YMCMBesem (en ‘n nie-lekker “bonus”)

In Fokken Main Videos deur griffin

Met effens van 'n gangster rap tipe vibe is HemelBesem nie almal se glas brannas nie, maar ons looi hom nogstans op Watkykjy omdat so paar van julle sy vorige video gesmaak het. Sy nuutste tune YMCMBesem (You must come meet Besem) is in Utrecht in Nederland ge-shoot en feature so paar cameo appearances deur 'n paar Nederlandse hiphop artists, asook Suid-Afrika se EJ Von Lyrik (voorheen van die band Godessa, wie julle sweerlik nie sal ken nie).

Julle kan die bra op Twatters volg: @HEMEL_BESEM
Of sy Facebook page like: http://www.facebook.com/hemelbesemblm

Moenie worry nie. Jy hoef dit nie nie like nie, maar daar is altyd iets erger. En hier is vir jou iets kakker. Vat enige blonde chick. Sit haar in 'n paar boots en 'n kort skirt, trek vir haar 'n Mr Price blokkieshemp aan en sit 'n cowboy hoed op haar dop. Basically, laat haar lyk soos 'n Bulls cheerleader in naweek of -Menlyn uitgaanklere.

Vra mamma en pappa vir zak. Skiet 'n music video iewers op 'n plaas of by 'n dam. Of by 'n plaasdam. Baie geluk. Jy't die resep vir Afrikaanse country-pop ontdek. En daar is net een resep.

Dis fokken amazing. Nee, wag. Dis amazing verby…

Hierdie post is 133 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,594,731 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinHemelBesem – YMCMBesem (en ‘n nie-lekker “bonus”)