Jirre boys, kom ou Chopper mos af op ‘n vreeslike fokken vet pretspul doer in die ou Kala-haaarieee… Daar spin die Boere so…. Karre, kokkelolle en kakmaak net duskant Vosburg: I give for yous guys, de Bull Run!
Met my aankoms te Vosburg (duskant Victoria-Wes) word my beskeie GTi-tjie amper in sy moer in gery deur ‘n moerse Valiant of iets dergeliks wat beplak is van die racing stickers, bokhorings en “snaakse” sêgoed. Agter die stuur grinnik ‘n omie met ‘n brannewyntan en halfmas oë vir my terwyl hy ‘n slukkie neem van ‘n drankie wat onder andere Coke bevat. Nee kyk, ek is op die regte plek.
Die Bull Run vibe werk basically so: Jy en jou tjommies maak ‘n span, kry ‘n kar wat maksimum 15 grand kos en ouer as 30 jaar is en skryf in. Dan ry jy van waar jy ook al bly na Vosburg in die Noord-Kaap om te kom kakmaak met jou stuk kak kar op die Mierfontein sandpan. Maar jy moet grondpad cruise al die pad (of sover jy kan) soontoe. Dis die reëls tjom, moenie fokken moan nie.
Dis blykbaar maar die tweede Bull Run dié jaar en inskrywings het gespring van 11 na 65 spanne. En spanne vol opperste kakmakers, laat ek jou nou straight sê. Dis asof hulle dit regkry om al die grootste kuiergatte en stoutgatte van regoor Suid-Afrika bymekaar te kry. Lekker manne, maar gevaarlike manne om lank mee te kuier. Kyk, dis splinternuwe moeilikheid hierdie. Van die eerste formaat.
En fokkit, jy moet die karre check. Brekers soos ‘n bloedrooi Porsche 944 met Edelbrock 3.5l enjin en ‘n Chev El Camino met jump seat op die bak deel die veld met ‘n kakhuis vol ou Mercs, Ford Cortina’s (of course), daai vieslike ou Peugeots, ‘n Passat (?) en karre wat jy genuine al wou vergeet. Dan is daar ook genuine unieke tjorre soos ‘n stokou 1948 Dodge en ‘n… Commer. (Van laasgenoemde Engelse camper van is daar blykbaar net een in die land, maar met die onbetroubaarheid smaak dit my meer van ‘n bron van Commer te wees.)
Spanne dress hulle karre en hulleself op vir ekstra gees. Daar was byvoorbeeld die Brandewouters wat baie brannas geklap en soos kabouters aangetrek het, ouens in suits in ‘n ou Merc bekend as die Ampsmotor, klomp cowboys (letterlik en figuurlik) in ‘n Holden Ranger genaamd Lone Ranger en ‘n Starsky en Hutch span met pruike, snorre en ‘n wit en rooi… Cortina. Anyway…
Tydens die main event neem die spanne deel aan vier events om ‘n wenner te bepaal. Daar’s ‘n kwartmyl (soos ‘n drag strip), ‘n rally track met hairpins en elke ding, ‘n crazy eight reverse vibe en Freedom Square waar jy kan doen net wat de fok jy wil. Of wat jou kar jou toelaat, moet ek eerder sê. Stel dit so, jy spin en drift fokken poesbaie. Hard en aanhoudend. Drink ook natuurlik. Dis fokken fantastiese fun.
Die lekker ding is of course dat dit nie jou peperduur GTi is nie, so jou poefgaatjie knyp homself nie moertoe elke keer as jy uitspin of die kar amper ommoer of jou ratte krap of oorrev nie. (Alhoewel ek moet bieg dat ek die GTi wel om die track en kwartmyl gevat het. Meer as een keer. Fokkit, ek was daar en als. Los my fokken uit.)
Locals van Vosburg pull ook in vir hulle jaarlikse Pan Fun, so tussenin is windgatte op quad bikes, scramblers en in Focus STs. Maar vir die manne wat deelneem word punte toegeken by elke event, alhoewel ‘n voorgeesisteem seker maak ouer, goedkoper en (let’s face it) kakker karre ook ‘n kansie het. Dit gaan ook oor pret eerder as performance, maar trust my – elke ou hier druk daai krimpie kar so hard as wat hy kan gaan. En dan nog so bietjie vir liefde.
Uiteindelik wen die ongewone Rambler Hornet soos bestuur deur Span Hornet Bedornet (met Paul Bester, Shaun Ramsden en Leon Jansen van Durbanville). Soos die Curriebeker bring die manne hom toe huis toe vir ons hier in die Kaap. Soos dit hoort. Kiefpiele boys!
Ek en griff het klaar besluit om volgende jaar ‘n Waktkyjy kar in te skrywe. Once. Daar’s nie ‘n kans soveel zefgat fun gaan sonder ons deelname gebeur nie. Ek like van ‘n Nissan Exa alhoewel hy nog nie 30 jaar oud is nie. Of maybe ‘n windgat Escortjie. Ons check maar wat sê die beursie volgende jaar. Die beursie en die Junk Mail.
Intussen kan jy uitkyk vir die Desember uitgawe van Wegry magazine wat die Bull Run cover en ook details sal hê oor hoe om in te skryf en kak. Anders pla hulle online by http://www.wegry.co.za/
Tot volgende slag, druk hom innie rooi!
Hier is ‘n kort videoclip. Alles met die iFoun ge-snap. Maak mos heavy uit van tech vibes. Mos.
En hier kan julle na nog so paar kiekies kyk van die zef tjorre wat deelgeneem het:
Watkykjy staan op 3,092,710 post views in totaal sedert 1 November, 2019.