Voor ons by die video uitkom wil die band net moerse om verskoning vra vir die mense in Upper Harrington Straat in Kaapstad. Hulle het lawaai gemaak en aan die video gewerk en is dankbaar dat niemand hulle 4am kom poes het oor die geraas nie.
At least het die reën, sneeu en hael of whatever Kaapstad op daardie stadium geplaag het ook die vuiste weggehou.
Trigger and Gun is hulle derde single vir hulle debuutalbum, Defiance, wat een van die dae uitkom. Die video is op ‘n budget van die prys van ‘n gemufde kaasbroodjie geskiet, maar die end result is moers lekker. Wys jou net jou hoef nie kak uit te pomp as jy nie zak het nie…
Hierdie post is 119 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 3,089,795 post views in totaal sedert 1 November, 2019.