So paar weke terug het die band, Wolftown, heel fokken moeg by ons uitgeslaan. Al die pad van die Kaap af met hulle bakkie en trailer, was hulle klaar deur Gauteng getoer en weer terug oppad huistoe. Toe vat ons maar so bietjie fles en vra vir Donovan (vocalist van Feed The Wolf) om hulle te interview. Daarna het ons hulle pense vol braaivleis gestop en hulle weer op hulle merry way gestuur. Jy kan nie fokken 1500km ry op 'n leë maag nie. So baie travel is heavy kak, maar dis hulle brood en botter en was veral belangrik vir hulle om hulle debut album "Soul On Fire" te launch. Die outjies werk hard.
Hier is wat Damian, Sarah en Kyle te sê gehad het. Die video is 'n moerse rough cut, amper soos die half-voltooide Watkykjy bar. Dis maar wat gebeur as computers kak op 'n Maandag. Die bar is 'n ander verskoning – fokken luigatgeite.
Connect bietjie met die band op die interwebs as jy ook skiem hulle maak fokken lekker tunes:
Website: http://www.wolftown.co.za/
Facebook: https://facebook.com/wolftownband
Twitter: https://twitter.com/wolftownband
O ja, die music video waarvan hulle in die interview praat en waarvan jy 'n kort clip gesien het is "Don't You Know". Lekker warm cherries by 'n house party wat hulle for real gegooi het.
Watkykjy staan op 3,110,847 post views in totaal sedert 1 November, 2019.