Dude in hegtenis wat probeer real-life GTA speel
Fok, hier kom dit nou. Al daai tannies wat jou probeer tune gewelddadige video games lei tot regte egte geweld. Want, duh, dis mos al waar geweld vandaan kom. Video games. Die mees moorddadige mense in die geskiedenis het obviously te veel violent video games gespeel. Genghis Khan? Mongolian Genocide Guy IV, vir seker.
Enige regdenkende mens weet natuurlik dis rubbish, maar assholes soos die ou in hierdie storie maak dit moeilik vir tannies om te kop wat gaan vir wat. Zachary Burgess (20) het in Baton Rouge, Louisiana, Amerika, besluit om bietjie for realz Grand Theft Auto te speel. Ernstig, dis wat hy vir die cops gesê het wat hom mettertyd in hegtenis geneem het. ‘n Ander ou het buite ‘n kroeg met ‘n vragmotor stilgehou en uitgeklim, met ‘n cherrie steeds binne die voertuig. Burgess het toe gedoen wat enigiemand met ‘n logiese denkproses sou – hy’t in die vragmotor geklim, effectively die vrou ontvoer en teen minstens nege geparkeerde karre vasgepoes.
Hy’s natuurlik in hegtenis geneem en word aangekla van onder meer voertuigdiefstal en ontvoering. Probeer maar volgende keer ‘n ander game re-enact, bra. Pacman of iets – vreet al die kaas in jou dorp en fok vier omgesukkelde helderkleurige spoke op. Veel makliker. – WDSU News
Man vas wat opblaasbootjie naai
Aaaaa, swembadseks, wat ‘n wondersoete ding. Veral as daai chloor jou oë so gebrand het dat jou chick soos Rihanna lyk. Wat is die somer daarsonder?
Edwin Tobergta (34) van Ohio in Amerika hou so baie van swembadseks dat hy nie eens ‘n regte meisie nodig het nie. Wat dan, vra jy – ‘n opblaaspop? Fok, man, wie’t geld vir poppe? Edwin zaber sommer die opblaasboot. Het hy ‘n smiley-face daarop geteken met ‘n permanent marker? Fok, man, wie’t tyd vir smiley-faces! Edwin het ‘n fokken boot om te spyker, hou op stupid vrae vra!
Arme Edwin het egter nie in gedagte gehou dat talle kinders hom blykbaar kon sien waar hy soet, soet liefde met sy opblaasbootjie gemaak het nie. Nou’s hy in hegtenis vir public indecency.
Ons hier dink Edwin moet darem bietjie tyd afkry op sy tronkstraf … sien, in 2011 is hy in hegtenis geneem vir dieselfde misdaad … met dieselfde opblaasboot.
Ek skat ‘n mens kan sê … Edwin glo nie in oewerspel nie. – The Smoking Gun
Dude in kop geskiet deur meisie, weier behandeling
Hoe gaan daai Bon Jovi-liedjie? “Shot to the head, and you’re to blame!” Nie? Wel, dit is nou so. Want ‘n ou van Oklahoma in Amerika se chick het hom in die kop geskiet tydens ‘n argument. Hy’t toe buitentoe gestrompel en die naaste beskikbare buurman het hom hospitaal toe gevat. By die hospitaal aangekom het hy egter geweier om behandel te word vir die wond en wou nie ‘n saak oopmaak of enige so iets nie. Ware liefde, blykbaar. Hy’t so erg keel opgesit dat ‘n polisieman by die hospitaal hom moes taze en boei sodat hy behandel kan word. Die cops het toe na die paartjie se huis toe gegaan en die meisie in hegtenis geneem. Sy word daarvan aangekla dat sy die liefde ‘n slegte naam gee. – KFOR
Fucked-up tieners se ouers wil slagoffer dagvaar
Julle’t dalk hierdie storie gehoor – een van daai’s wat jou eers laat dink: “Wat word van vandag se jeug?”, en jou dan laat dink: “Nee, fok, wat word van hulle fokken ouers?”
Brian Holloway is ‘n voormalige NFL-ster en ‘n goeie ou. Sien, hy’t ‘n huis in New York-staat in Amerika wat in die mark is (hy woon in Florida). Ongeveer 300 tieners het ‘n rukkie terug besluit dis ‘n goeie idee om by Hollywood se huis (die New York-een) in te breek, hard te paartie, die hele plek dubbel en dwars op te fok, op die matte te pis, shit te steel (insluitende deel van ‘n monument aan Holloway se dooie kleinseun) en so aan … o, en hulle’t ook gedink dis slim om die hele aand lank foto’s en comments van hoe poes lekker hierdie paartie is te tweet. #Yolo!
So, met so baie info in die openbaar kon Holloway ‘n plan maak om die kinders in hegtenis te laat neem, laat hulle bietjie in ‘n tronksel kan gaan paartie. Maar hy het nie. Hy het eerder ‘n website gestig, www.helpmesave300.com, waarop hy die tweets en goed gepost het en getune het hy wil hierdie kinders help om meer verantwoordelike besluite te neem en om verantwoordelikheid vir hul dade te vat. Jy weet, kom vorentoe en kom help ten minste om die plek skoon te maak, of help betaal vir die skade.
Hoeveel van die kids het vorentoe getree?
Een. Fokken een.
En die res? O, hulle ouers beplan om die kak uit Holloway te sue vir naamskending en shit. Ai.
Kyk bietjie die foto’s op daai site. Luister, ons by Watkykjy is altyd in vir ‘n moerse paartie en het al ons fair share fokops gemaak by mense se huise – maar jy maak skoon waar jy vuilgemaak het, boetie. Punt. – NY Daily News
En nou iets minder depressing:
Check hierdie video waar ouens bietjie kreatief geraak het met agtergrondklanke vir Getty stock video’s. Dis naai snaaks.
Watkykjy staan op 3,083,861 post views in totaal sedert 1 November, 2019.