Nadat ek julle verlede week van iFix vertel het, het ek sommer self uitgeskiet na hulle nuwe Newlands tak in Pretoria om my iPhone 4S se gefokte screen te gaan fix. Hulle kon my binne 'n halfuur uitsort, so ek het sommer 'n hair cut gaan vang om die tyd om te kry. Halfuur later – nuwe hare en nuwe foon.
Ons het nog een prys om weg te gee hierdie week (click hier vir details) en sal volgende Vrydag die wenner aankondig, maar ons het ook ons eerste wenner vir die iFix kompetisie. Beide die bra se Samgsung tablet en S4 was opgefok 'n dag uit mekaar uit. Die ou skiem toe nie hy sou wen nie, maar hy't soos sy hol gelees, want iFix maak Samsung se produkte ook reg. Jy kan even met hulle gesels om software upgrades te doen as jy nie jou bandwidth by die huis wil mors nie.
Hi Griff,
Dis nou nie 'n iphone nie, en ek sal seker nie die kan wen nie, maar hier is fotos van my S4 en my P1000 tablet.
Die Tablet het gebreek toe ek hom moes probeer vashou terwyl ek soek vir my sleutels in my sakke en seker maak my laptop sak gly nie van my skouer af nie. Hy het op die hoek eerste geval.
Die foon het die dag daarna gebeur, ek het hom op my defender se bonnet neergesit samet 'n klomp ander kak, en soos ek toe alles weer daarvan afhaal val hy plat op sy gesig neer.
Darem werk alby nog 100% en darem is nie een van hulle 'n apple produk nie.
Watkykjy staan op 3,090,236 post views in totaal sedert 1 November, 2019.