Anni Brand is nie skêr van baie woorde nie, maar ons het haar na die Joburg Festival of Beer toe gestuur en sy't terug gekom met so paar kiekies en 'n hangover…
Dis nou beslis een geleentheid waarna toe jy nie gaan vir net een bier nie! Daar is honder-en-fokken-vyftig verskillende soorte bier by die affere! Baie goed bymekaar gesit, lekker kuiertafels, big screens vir die sport fans. Goeie kombinasie blykbaar – bier en rugby!
Die beste van alles is jy kan die bier verniet proe – for free, oor en oor free slukkies, julle kan aflei dat mens lekker gespat kan raak. Dis soos in die ou dae wat jy nog verniet kon gaan wyn proe. (R120 is min vir so baie bier!)
Jy kry ‘n paspoort om van al jou bierslukkies boek te hou. As jy op ‘n bier afkom wat smaak na nog, koop jy ‘n glas vol gaan sit en teug daaraan of staan rond.
Slim drinkers stop af en toe om bietjie te eet ook. Liewe ouers, die kosstalletjies is beslis ook ‘n rede om te gaan, duur maar lekker!
Beer-pong is een van mees gevaarlikste sportsoorte wat ekself al aan deelgeneem het – erg kopbeserings die volgende dag en kan selfs lei na ‘n ligte beroerte. Eerstens baie opgewonde gewees omdat die bierglas waarvoor jy moet mik gigantic is – maar tot ‘n groot teleurstelling, leeg. Hierdie keer was die game aangepas om vir tyd te speel – prys ‘n megelmoes drie kaste bier.
Het maar eerder verder gaan bier proe en bands kyk.
Nadat ek omtrent 90/150 van die biere geproe het, is al wat ek kan onthou dat Norman Goodfellows jou nie huis toe vat nie – daai ‘n drankhandelaar.
Saftey tips vir volgende jaar of vir die een November in die Kaap:
• Maak gebruik van ‘n taxi of Goodfellas tipe diens
• Eet die pretzels op, die volgende dag is hy klip hard
• Gaan vroeg om rustig al die bier die proe
• Eet
• Vat by elke stalletjie hulle business card – dat jy kan onthou wat jy geproe het…
Cheers!
En onthou maatjies, elke bier het ‘n burp!
Anni Brand.
(hier is so paar kiekies wat ons kon snap)
Watkykjy staan op 3,049,124 post views in totaal sedert 1 November, 2019.