Toe ons Woensdag Metallica gaan kokkenodge het, het ek my iPhone op sy gesig laat neerbliksem omdat ek te fokken haastig was om hom van sy charger af te haal met my tien duime. Result – screen is gekraak soos 'n Tjoerras tannie se gesig wat vol base geplak is.
Toe vra en soek ek maar rond vir 'n plek wat hierdie tipe kak kan fix en kom op iFix af:
Trading since 1 June 2011, the iFix Newlands store specialises in out-of-warranty repairs for all Apple products, including iPad, iPhone, Mac and iPod, with an average turnaround time of less than 24 hours. With a number of qualified specialists and over 63, 000 satisfied customers nationwide, iFix offers an express check in service, guaranteeing devices to be repaired in just 30 minutes. Alternatively, if clients decide to select the standard service, they will be notified via SMS, once their product is ready for collection. In addition, iFix also offer a live tracking system on their website, enabling clients to conveniently track their job status.
Ek het die ouens gekontak maar ek het maar atlyd 'n fokken storietjie of twee as dit kom by diens of produkte van enige aard. Probeer mos altyd alles verniet score. Regte Vereeniging marabs vibes. So nou gaan hulle dit vir my verniet fix omdat ek julle outjies hiervan vertel. Hulle het 'n nuwe store in die Newlands shopping centre in Pretoria, so ek sny sommer nou 'n lyn soontoe. Mens kan dit ook nie daar los nie, so hulle het ingestem om vir julle ook uit te help. Wel twee van julle. So ons gee hierdie week 'n voucher weg en volgende week nog een:
- 1 x R250 Voucher
- 1 x iPhone 5 Pantone cover
- 1 x Mint iPad Mini keyboard
Die iFix voucher kan by enige van hulle 8 stores oor die land gebruik word vir accessories of om jou gefokte foon reg te maak. Moenie simpel wees en jou Crackberry bring nie – hulle maak nie tikmasjiene reg nie, hulle fix enige Apple of Samsung products.
Om 'n kans te staan om te wen, stuur 'n foto van jou gefokte foon na griffin@watkykjy.co.za en tune jou sad storie van wat met jou foon gebeur het.
Gaan check ook sommer hulle Facebook page uit
Watkykjy staan op 3,049,129 post views in totaal sedert 1 November, 2019.