Dit was seker so ses of sewe jaar terug toe ek die eerste keer die broers raakgeloop het. Ek dink dit was iewers in 'n dodgy bar wat beswaarlik nog bestaan. Dalk was dit in Potch, who cares? Jy weet mos wat hulle sê van first impressions…
Ek onthou dit soos gister. In my léwe sal ek nooit vergeet wat 'n Akkedis gedoen het toe ek, soos fans maar doen, 'n CD kontant by hom gekoop het nie. My verrumpelde Olifantjie was skaars drie sekondes in die man se hand toe drie shots tequila kak. Dit was asof die barman gewag het vir nog 'n CD om te verkoop voor hy weer die Akkedisse se dors kon les. Terloops, die CD was toevallig ook een wat ek eventually faktap geluister het.
Ek like veral die een line wat gaan "Raak mal soos die bliksems van Preto-ri-haaa" Anyway, Akkedis en hulle jol Saterdag saam met Albert Frost en die Witzenbergies (Boland se top rock/reggae/blues/gospel/folk band). R75 Bucks kry jou in, fok weet hoe jy daar uit gaan kom. https://www.facebook.com/events/297023167102986/
Dit bring ons by die week se rappie en die kak spat sommer vanaand al met die Spoedkatte wat Province pak. Dan behoort die Goue Leeus gou die Sharks te pomp terwyl die Blou Ballas so bietjie carrots in Kimberley gaan eet. Mark my fokken words.
Voor ons punte by daai voorspellings sit, kom ons chack net gou wat met die Bokke aangaan:
Bismarck is gebench want hy tackle te hard. Fair enough. Atter Strauss wat start is dalk 'n goeie ding want hy kry nie sommer 'n kaart nie – maak nou nie saak wie die ref laasweek was nie. Ek's moerse verbaas dat Ruan "two-step" Pienaar nog hoegenaamd in die span is. Shame, die bra sukkel, maar dan kies hy seker ook nie homself nie.
Wat die Wallabies aanbetref… eish, ek worry so bietjie. Hierdie kak met Jake White wat nou weer sy toys uit die kot gegooi het omdat hy nie 'n international team coach nie, kan dalk net vir daardie Ewen McKenzie vent so bietjie meer lusmaak om op Nuweland amok te maak. Ja, ons record is piele in Slaapstad maar ek sou baie meer gerus gewees het as ons hulle in 'n plek soos Bloem of Pretoria gepak het. Jy weet mos, iewers waar die lugdruk of crime -factor die skaapwagter dik heavy uitfreak.
As die Ozzies ons ooit op tuisbodem gaan wen, gaan dit tien-teen-een iewers aan die kus wees. Ek nip al klaar en wat my "Ewen" meer maak worry is die feit dat jou average barstoel expert meer oor die All Black game volgende week praat. Ons is lekker windgat, al is ons nie 100% oortuig dat ons die All Blacks met 'n solid ref sou kon beat nie. Ja, dit sou close gewees het en dis faktap dat ons as gevolg van Pottie Potie nooit sal weet nie… tog was dit Auckland en ons weet mos die Kiwis speel oor die algemeen vir 95 minute rappie.
Saterdag se game is ons s'n om te verloor en dit sal 'n moerse downer vir die Tafelbergbende wees want kom ons wees eerlik, wanneer laas het hulle 'n ordentlike toets gehad? Dit is nou nie asof die All Blacks binne die volgedne 40 jaar op Nuweland sal speel nie, so die naweek is pretty much as big as they get. Check julle in Tulbagh.
Hier is so paar predictions vir SuperBru.
Vrydag:
Spoedkatte v Province 17:05
Kortbroek: Toit, maar ek skiem Province se resep werk so bietjie beter op die oomblik. Province met so 2.
Griff: Ek het ophou SuperBru speel want ek suig harder piel as Kaptein Kortbroek in die Super Rugby reeks, maar ek sal die Cheetahs back met 'n wen van 8. Fokweet, ek kan nie WP ondersteun nie.
Lions v Sharks 19:10
Korbroek: Lions met so 6 want as daar een groep ouens is wat uitmaak van haai naai, is dit hulle. Butchie – hulle is lus vir jou bra.
Griff: LAAAAAAIJUUUUUUUNS! Met fokken 12.
Saterdag: 14:00
Kwaste v Bulle:
Kortbroek: Rugby karma. Gwaste met 13. Die eerste game op Loftus is deur 'n useless ref opgefok. Feite.
Griff: Ditto, fok die Bulle. Hard.
Bokke v Convictus 17:05
Kortbroek: Bokke met 4 of dalk 6, dink die 13 wat die boekies gee is bietjie jags vir 'n test match.
Griff: Die experts reken met 12. Maybe was ek dronk. Fok dit, kom ons gaan met 12. Ek is mos 'n expert.
Argentina v All Blacks
Kortbroek: Maklik. Kiwis met 12 en die bonus punt wat hulle kort.
Griff: Ek het hoop gehad vir Argentina, But that was a long time ago. All Blacks met 26.
Onthou jou tannie? Sy skuld my kleingeld vir laasweek.
Watkykjy staan op 3,112,771 post views in totaal sedert 1 November, 2019.