Welkom by 'n baie spesiale uitsending van Top Billing. In vandag se episode raak ons in vervoering oor 'n baie spesiale, uber luukse woning in die Suide van een van Johannesburg se rykmansbuurte.
*Janez loop swierig by die trappe af terwyl hy smeulend vir die kamers kyk met een wenkbrou effens opgetrek om meer inneemlik te lyk, bliksem by die trappe af nadat hy per ongeluk oor sy vaalbruin volstruisleer loafers trip, val sy voortande uit en word deur Griffin as aanbieder vervang*
Hierdie huis is 'n absolute wenner. Teen R3mil sou ek die prys afstry na R1mil toe en die verskil gebruik om alles uit te ruk en heeltemal fokken oor te doen. Waarlik 'n entertainer of die man wat nie sy piel in sy broek kon hou nie se droom. Of in President Zuma se geval: heeltemal te fokken klein – Onder is daar 3 moerse slaapkamers, 2 badkamers, 'n lounge, eetkamer, TV kamer met 'n bar, en 'n kombuis. Met die trappe op sal jy 2 moerse slaapkamers vind, sowel as 2 badkamers, nog 'n sitkamer, nog 'n eetkamer, nog 'n TV kamer (ook met 'n bar), en iets wat lyk soos 'n Masterchef kombuis vir iemand wat moontlik geestelik versteurd is tot die mag tien. Dan is daar buite 'n swembad, 'n garage vir 5 karre en heel gepas 3 servants quarters. Voorwaar 'n afgrysparadys vir die lui rykgat wat absoluut alles het behalwe smaak. Kyk vir jouself. Vat my hand, ons doen gou 'n toer deur so paar van die vertrekke. Loop hier langs my maar moet aan fokken niks raak nie!
Op die oog af pla die buite-aansig nie vreeslik veel nie, maar soos ons verder deur gedeeltes van die huis beweeg sal jy dalk skiem dat daai flamingo pienk waterlose fontein heel moontlik as 'n tjokilit fountain gebruik word wanneer die mense gesous raak.
Ah die swembad. Kry net jou rock climbing gear reg. Hierdie is moontlik die enigste swembad in Jo'burg wat 'n halwe meter bo die grond uitsteek. Miskien park die ou sy Land Rover so teen die kant op by die rotstrappe(?) aan die buitekant. Jy weet, soos daai ads wat jy agter op glossy magazines sien wat vir jou wysmaak dat 'n suburban SUV 'n inclination van meer as 5 grade kan handle soos 'n fokken boss. Daar agter die plantlose, vlekkelose, wit potte smaak dit my of een of ander duur Duitse nommertjie se neus uitsteek. Shame, die bra het seker nie 'n garage nie…
Of het hy? O wag, hierso steek die ou at least vyf van sy karre weg. In een van daai fokken lang garages. Imagine al die papierwerk en admin as jy gou brood en 'n pakkie Princeton 20's wil gaan koop met die blou Beamer.
"Camouflage is the use of any combination of materials, coloration or illumination for concealment, either by making animals or objects hard to see, or by disguising them as something else". Ja-nee. dis duidelik "something else". Dit word baie mooi tentoongestel in een van die vier badkamers in hierdie huis. Ek is nie seker of daai 'n jembe of 'n kakpot is nie en die wasbak maak my lus om dit vol kleurvolle plastiekballe te moer en 'n toddler daar te los om homself besig te hou. Die enigste objects wat die kleur so effens breek is daai vier tandeborsels in die glas. Ha! Het, jou, tandeborsel! Jy't gedink jy gaan vir my fokken wegkruip in die badkamer!
Volgens Popular science is camouflage 'n redelike nuwe woord en dit beteken "fooling the enemy". As jou enemies by hierdie huis opdaag, stuur hulle na kakhuis nommer een toe. Fool me once…
Tyd om dinge slaapkamer toe te vat. Kies vir jou 'n fokken kleur uit die reënboog uit. Of miskien twee ander kleure wat mekaar genaai het. Hier het ons 'n lieflike Centurion-Krimpie-tannie-haartyl pers. Sit dalk net die lig met die 5 gloeilampe so 4 ure af voor jy gaan slaap. Ons is nie seker of daai 3D mat flourescent is nie. Hy mag dalk nog vir weke aneen skyn. Of tot die ANC weer 'n election verloor. Vir jou gemak is daar ook 'n kas vir elke kledingstuk wat jy besit. Split jou pare kouse op en bêre hulle elkeen in hulle eie kas. Ek kan nie uitmaak of daai ding agter die bed 'n portal is na Planeet Smaak en of dit 'n spieël is nie.
Hierdie kamer is heel moontlik deur Gogol Bordello inspire. Start wearing the fokken purple:
Pers te erg vir jou? Moenie worry nie, ons het groen ook. Kap 'n threesome op daai brëë bed of zaber jou sker sommer in die dentist (WTF?) chair. Daar is genoeg kussing vir almal. Moet net nie jaloers word tydens die konvooilooi nie. Groen is nie 'n goeie kleur om op jou hart te dra nie.
O ja, en daai ding wat oor die teëls uitgestrek lê soos 'n springbkokvel is heel moontlik die oorskot van Oscar The Grouch van Sesame street wat onlangs deur die eksentrieke eienaars op 'n jagtrip in Lala-Land deur die eiers geskiet en toe ge-skin is. Fokken nice! Groen is ook die kleur van jaloesie soos hierbo genoem – sien, die pers kamer is heavy jaloers omdat die groen kamer so kakbaie spieëls het.
Die groen kamer het ook natuurlik sy eie bypassende badkamer. Jy kan nog wyle Oscar The Grouch se laaste voetspore op een van die matjies voor die wasbak sien. Of is dit die fountain of youth? Vir jou convenience is die linkerkantste counter se spieëls toegepak met vase, potte en ander fokken tierlantyntjies. Dis actually net daar om jou kwaad te maak sodat jy shit kan breek omdat jy jouself nie in die spieëls kan sien nie. Die kandelaar in hierdie badkamer kom ook heel moontlik met sy eie industrial CAT generator. (Onthou om diesel te gaan suig uit al 5 karre)
In die ander hoek sal jy 'n stort en 'n bad vind. Die bad het fokken jets, pappie! Topklas! Dit het ook trappe wat groter as die bad self is. Ek dink rule of thumb is: trappe moet twee derdes groter wees as die bad. En pak dan die trappe en die bad self vol goed waarteen jy jou tone kan stamp. As jy hierdie outjie wil gaan koop by 'n Bathroom Bizarre tipe plek, is die product code "Trappe van vergelyking". Vra vir hom by die naam. Hulle sal weet…
Nog so bietjie slaapplek nodig? Probeer gerus die blou kamer. Enige Blou Bul supporter se droom. Ironies genoeg sal baie van julle (Pretorianers) by die werk dink "Maar ek sien dan fokol verkeerd met hierdie kamer? Dis fokken mooi!" Moet net nie hardop dink nie, ou grote.
Bietjie te way out vir jou? No problem. Gaan lallies dan maar eerder in oumie se kamer. Dit lyk of die hele plek wall-to-wall met bruin onderbroek oorgetrek is. Lekker stil, stemmig en statig. En gelukkig sal jy nooit uit bruin onderbroeke run nie. Veral nie op Sondae as Carte Blanche begin nie. Maandag se traffic op die N1 is ook 'n groot supplier van bruin onderbroeke.
Miskien het jou goose kalenderpes onder lede. Cheer haar op, man! Stuur haar na die binnepoespienk kamer toe met die overszie sanitary pads op die vloer. Check daar op die tafeltjie. Sy sal vir jou 'n faks stuur as sy klaar is met quarantine.
Terwyl se daar lê en ontspan en bene rek (net nie te veel nie) kan jy sommer lekker sit en rugby kyk in die sitkamer. Haha, ons grap net. Jy gaan vir 'n fok nie kan rugby kyk nie. Jy gaan vir jouself fokken sit en kyk. Surprise! Nog spieëls! Kyk waar sit daai TV. En kyk waar sit jou oë. Jy kyk nie vir hom nie. Hy kyk vir jou. So van bo af oor sy brille soos 'n kwaai skoolhoof wat jou gebust het met daai spieëltjie op jou Bata skoolskoen waarmee jy so onder die chicks se rokke probeer inkyk. Tensy jy fokken drie meter lank is, is TV kyk nie in jou nabye toekoms nie.
OK, so om TV te probeer kyk het was effens van 'n fokop. Gaan maak maar eerder vir jouself 'n broodjie in die kombuis. En met broodjie bedoel ons eintlik vat 'n swart sak vol acid met 'n glas water:
Gaan wag vir effects om jou liggaam te verlaat. Sommer in die pienk eetkamer. Dit mag dalk 'n rukkie neem. Dis maybe 'n beter idee om net huis toe te hardloop. As jy ooit hierdie groot architectural masterpiece van 'n maze se exit kan vind…
Ons hoop julle het die toer geniet. Ons is volgende week definitief nie weer terug met nog 'n episode nie. Hierdie was te erg. Sien julle in terapie…
As jy belangstel in hierdie wonderlike habitiat, dis for realzies, by the way. Ons het hom hier op Property24 opgespoor. Daar is oor die 40 foto's ook. Ons het net so paar hilights gekies…
Watkykjy staan op 3,049,157 post views in totaal sedert 1 November, 2019.