Ons het nie vandag tyd gehad vir Bizarre Bedonderde Donderdae nie, maar ons twee goedtjies vir julle opgespoor. Ietsie om na te luister en ietsie om na te kyk.
Kom ons skop af met EFC cage fighting
EFC cagefighting_01a
Dit was nogal funny, huh? Raait, wat van so bietjie sadness? Jy maak uit van Vrydae wanneer jy hierso teen 14:00 se kant nie meer kan wag om te duik nie? Vrydae is befok verby. Jy kan nie wag vir die naweek om aan te breek nie. Raai wie se Vrydag gaan glad nie fokken lekker begin nie? Ouens wat by Telkom werk.
Kyk, baie van ons werk by companies wat "team work" aan almal probeer afsmeer. Daar is niks fout met 'n braai by die werk met so paar doppe nie, maar dit gebeur selde. Jy't altyd daai een fokken marabs wat homself te kak gedra by hierdie functions. Dis daaiselfde ou wat management tweekeer laat dink oor die volgende team building effort. En top management het gewoonlik iemand soos 'n ex-kleuterskool juffrou wat nou project manager geword het out of nowhere en met briljante, "fun" idees opkom. Idees soos "Kom ons kom almal Vrydag 9am bymekaar en dans. Wag, hier is vir jou 'n video om jou te wys hoe fokken lekker ons almal gaan dans."
Hoe erg suck jou werk nou, ou beesblaas? Ons sal graag wil weet wat die production van hierdie video gekos het. Ongelukkig is skaam nie 'n currency nie:
Watkykjy staan op 3,118,585 post views in totaal sedert 1 November, 2019.