Onthou jy vir ALF? Daai wollerige snaaksie van die planeet Melmac? Jirre, TV was great in die 80s. Dit was ook die eerste TV series wat ooit in Dolby Surround sound uitgesaai was. Dit het jou absoluut fokol gehelp want jou ma-hulle het een van daai Sony Trinitron TVs gehad met fokol stereo. Daai swaar stuk kak op die voetstuk wat so beswaarlik 5 grade na links of regs kon draai met daai fokken uitspring knoppies. En as jy met bunny ears gerol het, was jy eers kakarm gewees.
Anyway, ons het die eerste episode van ALF vir julle opgespoor (ALF se regte naam was Gordon Shumway, as jy mooi kan onthou) en so bietjie gemodifaai. Onthou jy die Tanners? Die kak loser oom Willy (nag, Willy!) met sy loser laitie, Brian en sy dogter Lynn wat pubescent laities wat van fokol af geweet het wou broeknaai. En mamma Kate was net fokken nowhere gewees.
Maak jou broek los en kokkenodge nou eers so stukkie ALF:
Watkykjy staan op 3,056,051 post views in totaal sedert 1 November, 2019.