Oorentoesiastiese fliekganger in hegtenis oor CIA-kaart
Soos dinge deesdae in Amerika gaan kan ‘n mens seker verstaan dat hulle bietjie paranoïes raak as ‘n ou met ‘n gelaaide handgeweer en ‘n koeëlvaste baadjie by ‘n fliekteater instap. ‘n Mens sou selfs al aanneem dít word nie toegelaat nie, veral ná daai ou by die Batman-premiere so uitgefok het.
Nuh-uh, dis geheel en al wettig, blykbaar. Wat wel onwettig is, is om ‘n fake CIA badge by jou te hê. Mooi prioritisering, Amerika. So toe Cassidy Delavergne in body armour en met ‘n gelaaide handgeweer by die Trillium-fliekteater in Michigan instap om “Red 2”, ‘n fliek oor ‘n afgetrede CIA-agent, te kyk, het die pis bietjie-bietjie teen die personeel se bene afgeloop, maar hulle kon niks daaraan doen nie.
Toe wys hy vir hulle die fake badge. Aha! Nóú is daar skielik ‘n daadwerklike, onmiddellike dreigement! Bel die fokken FBI!
Die FBI het (seriously?!) gekom en die ou in hegtenis geneem. Daar was blykbaar nog meer as 100 rondes ammunisie in sy kar, maar niemand is of was te bekommerd nie. Die hoof van die maatskappy wat die fliekteater besit, het gesê: "We had no concerns that anything was going to happen, like I said, the guy was acting normal, he had popcorn, he was there with him mom and was sitting there watching the movie."
Kom ons noem ‘n ding nou maar op sy naam: As daai bra se gelaatstrekke net so effe donkerder was en hy dit gewaag het om met ‘n fokken bottermes by ‘n fliekteater in te stap, kon hy maar regmaak vir ‘n lekker lang verblyf by Hotel Guatanamo Bay.
USA! USA! USA! – ABC News
Polisie begelei meisie van kampgronde ná sy met seun vry
So gepraat van prioriteitmisdade: ‘n 15-jarige meisie is in Massachusetts deur ‘n polisiebeampte van ‘n kamp vir tieners begelei ná sy glo met ‘n seun, wat ook by die kamp was, gevry het. Soos in soen, kissy-kissy, druk, mangeltennis, tongstoei, keelinspeksie, speeksel uitruil. Niks meer nie.
Op een of ander metafisiese, filosofiese vlak kan ‘n mens seker argumenteer dat dit op ‘n misdaad kan neerkom – die gemeenskaplike geldigverklaring van die self deur openbare optrede, die vroegtydige betreding van die ander vir sosiale aansien, blablabla. Ons van die Universiteit van Watkykjy (ook bekend as “STukkies”, “Plukke” of “Komsies”) glo egter ‘n fokken vry is bloot lekker. Wel, meestal …
Sue Lein, die direkteur van die kamp, was nie ‘n student aan die UW nie. Sy’t haar moer gestrip en die kind ‘n “slut” en ‘n “tramp” genoem voor die ander kinders, haar geskors en, ja, die polisie gebel. Die meisie dagvaar nou die kamp vir $600 000 weens emosionele skade, naamskending en al daai stront waarvoor mense mekaar so graag dagvaar. Zuma is byvoorbeeld ‘n expert met die uitdeel van sulke dagvaardigings. Hy hou glo ook van … vry.
Ag, fokweet, dalk is dit beter dat jong romanse so in die kiem gesmoor word. Het die wêreld regtig nog witmense nodig? – Colorado Newsday
Bra probeer chick se babatjie verkoop op Craigslist
Op daai noot van babatjies – julle maak uit van Craigslist? Dis maar net soos e-bay. Paul Marques van Amerika het gedink dis ‘n goeie idee om sy girlfriend van ‘n paar dates se baba op hierdie site te probeer verkoop, want die kind het hom ge-fokken-irriteer. Wat’s die going rate vir irriterende babas deesdae? ‘n Honderd dollars is goed, het Paul gedink.
Die ma van die kind was nie besonder beïndruk hiermee nie … dalk as dit $200 was? Sy’t die cops gebel en hulle het Paul in hegtenis geneem. Hy’t getune hy was nie regtig ernstig nie en wou haar eintlik net ‘n les leer omdat sy glo te min aandag aan hom skenk.
Paul het egter nie sy navorsing van die mark gedoen nie. As hy het, sou hy gesien het sy besigheidsidee het een probleem en dis dat ‘n Pakistanse TV-priester babas sommer verniet weggee. Verniet, motherfuckers! Kom kry!
Jip, Aamir Liaqat Hussain het onlangs opslae gemaak toe hy in onderskeie episodes van sy moerse gewilde show twee babadogtertjies aan kinderlose paartjies gegee het. Dis net soos Oprah, dus. “Kyk asseblief onder julle sitplekke. FREE CAR! Nee, ek joke net. Fokken babas! Yaaaaaaaaaay!”
Hussain het egter gesê die paartjies is voor die tyd gescreen en alles en dit was nie so random soos dit gelyk het nie. Amper soos pro wrestling.
Ons by Watkykjy voel bietjie ongemaklik met hierdie situasie, maar kan niks slegs sê oor ‘n program wat as ‘n kruising tussen Oprah en rofstoei beskryf kan word nie.
Bring die fokken chips en poes die remote weg, liefie. – Huffington Post en Times Live
Watkykjy staan op 3,057,613 post views in totaal sedert 1 November, 2019.