Die Gaslight Anthem se vierde album 'Handwritten' is op 'n manier 'n logiese sequel tot hulle vorige ene 'American Slang'. Dis dieselfde vol sound, meer textured en gevarieerd en minder Jersey punk as hulle eerste werk. Maar steeds dik gees. Hy loop mooi.
Vir sommige die-hards kan dit dalk 'n probleem wees, maar ek moet erken ek like dit kwaai. Hulle kry reg om dieselfde energieke groove te behou, al is dit meer produced as hulle ou werk.
Die interessante ding met die Gaslight Anthem vir my nog altyd is dat hulle manage om elemente van indie rock, new punk en straight-up rock en roll effektief te kombineer met 'n ryk New Jersey geskiedenis van ernstige songwriting en eg Amerikaanse storievertel, soos veral embody deur die Boss.
(Bruce Springsteen is ook 'n groot erkende invloed op spesifiek vocalist Brian Fallon wat al 'n paar keer saam met Bruce op stage opgetree het.)
Stories oor vinnige karre, jong liefde, verlate highways, 'n goue ou tyd van plate luister, deurmekaar gevoelens vir meisies en briewe met die hand skryf (dus 'handwritten'). Dik Americana, maar daai streng romantiese view van Amerika weg van die vet kinders wat McDonald's instop of takhaar tieners in swart jasse wat skoolmaats afmaai met outomatiese gewere. 'n Amerika waarvan mens actually hou.
En met die Gaslight Anthem is die woorde heavy belangrik, so luister maar mooi as jy hom opsit. Dis 'n rou eerlikheid, soos hierdie uit 'Handwritten':
Let it out, let me in, take a hold of my hand
There's nothing like another soul that's been cut up the same
And did you wanna drive without a word in-between?
I can understand, you need a minute to breathe
And to sew up the seams… after all this defeat
Soos Brian self sing op 'n ander track, 'if I put too much blood on the page'. Die man mag maar skryf. En sing. Hy gee als.
Maar voor jy begin worry dat Chopper begin soft raak, gee die album 'n objektiewe spin. Sommer in jou kar. Jy sal vind die mooi woorde is verpak in solid rock op 'n album wat dwarsdeur hardloop op 'n lekker solid 60 miles per hour, of 45 rpm as jy verkies.
Hier's die music video vir die opening track "45" as lusmakertjie. Maak hom los boys!
Onthou jy kan 'n epic roadtrip van R8 500 wen, plus R1 200 se CDs waarvan 'Handwritten' ene is. Kry jou entry in ou blaar.
Watkykjy staan op 3,056,062 post views in totaal sedert 1 November, 2019.