Dit was cool om die Kings te check.
Okay fine hulle het nie veel beter as die Lions gedoen nie, tog was dit 'n breath of fresh PE-waai-jou-teen-die-pavement-vas wind om te sien hoe 'n ander klomp manne elke week hul tiete af jol.
Oom Cheeky se china's was nie so kak nie en het even teen die Brumbies uitgehaal, die span wat mos in die final jol. Dit was vir my entertaining en hulle supporters het amper elke week daai moerse state-of-the-art paviljoen vol gepak. Paar windgat bloggers het even 'n #Kings100 bet gemaak en moet nou vir 'n Brazillian wax gaan omdat niemand soveel punte teen die Kings in 'n game gescore het nie. Okay fine die bra wou net sy holhare laat pluk en sy anus laat bleach. Ek verstaan meeste soutpiele anyway nie.
Moving along.
Dit is amper hartseer dat die Lions nou weer Super Rugby gaan jol. Hulle het mos klaar gewen en elke ding? Dis 'n done deal, pappa. Die bookies back Mufasa om dit Saterdag te vat. Sommer lag-lag. Mens lees orals hoe confident die ringkoppe daar in Joburg is. Hulle raak goed kwyt soos: "Die Kings het blykbaar goed gedoen in hul eerste seisoen, maar nou klop ons hulle?" – Stort24
Ek het daai game gekyk en moes soms met Blob Tongmonster saamstem. Daar was 'n hele klomp kak calls.
Maar in Jozi bly hulle confident. Ja, amper so confident soos die average Bulls bra was… tot en met die 78ste minuut van laasweek se semifinal. Shame ouens, daai was kliphard maar ek sal die eerste poepol wees om my hand op te steek as dit kom by armchair experts wat aan die begin van die jaar geskiem het hulle gaan noddefok 'n semi maak nie. Well done.
Die Bulls was toe heel solid, meeste van die tyd. Hulle het op 'n kol drie games in 'n ry verloor, maar dit toe met 'n solid run opgeback. Dit alles in 'n seisoen waar amper elke ou op some stadium beseer was. Ai manne, vergewe maar vir ou Pottie. Hy's een van daai ysters wat bewys het dat Bulls se bloed noddefok blou is nie – ja die man like van kontak. Blame eerder die marabse wat nie getackle het toe hulle moes nie. Pale toe skop is in any case nie wat ons wil check nie. Ons like awesome tries. Soos wanneer die Spoedkatte jol.
Dit bring ons by die final.
Chiefs v Brumbies
Kortbroek se pick: Tight call vir Super Jacques (122.55) en Fluff (121.75) in ons duidelik pool. Die Dudes het duidelik die beste kans om te wen. Daar is net so onder die 500 players in ons pool en die final tussen 'n Bull en 'n Cheetah. Die safe bet is mos in die geval altyd die home team. Maar Fluff kan seker vir die Brumbies gaan en (met nog 'n bietjie luck) naby aan die spread kom… toit ouens. Eks so 480ste in die pool, so my advice is check julle in die Currie Cup pool, sy naam is ook Duidelik.
Griff se pick: Ek het die Chiefs met 13 geback want dis presies wat gaan fokken gebeur om my at least in die pool se top 50 te sit. Ek stel in elk geval meer belang in die Lions/Kings game want volgende jaar vat die Lions die Super15 beker. Fokken watch!
Net so footnote vir die Lions. Julle sal onthou dat Jake White so paar jaar terug by die Lions try uithelp het. Julle was dik pissed-off omdat hy getune het almal is onfiks. Conditioning is mos die gym lingo waaroor hy gebitch het. Hoop julle het notes gevat. Ek meen, vir 'n coach om in twee seisoene 'n span tot in 'n final te vat sit nie in elke man se broek nie. Dat hy met 'n fokken Aussie span dit moes gaan staan en doen het – kom ons sê net ek like die gedagte van Julius se Ever Freeloading Fucknuts party meer.
Watkykjy staan op 3,049,177 post views in totaal sedert 1 November, 2019.