Ons is terug na Oppikoppi in so paar stukke met oor die dertigduisend foto’s en omtrent ‘n halwe terrabyte se videos wat ons geneem het. Daar moet so bietjie werk gedoen word nou, maar ons sal die befokte festival se highlights met julle deel sodra ons alles ge-process het.
Ongelukkig moet ons nou eers kak en kerm, want daar was ‘n poes of twee gewees.
Die band Iso het ‘n befokte gig gehad en afgesluit met ‘n moerse klomp confetti wat hulle oor die crowd uitgeskiet is met ‘n handgemaakte confetti canon. Iets wat kakbaie moeite verg vir fans se entertainment. Nou hierdie canons is gesteel by Oppikoppi. Saam met AL hulle ander equipment van omtrent R100k wat in hulle Venter trailer toegesluit was in die die artists area. Een of ander kont het die trailer gehaak en daarmee gefokof. Registrasienommer HPS848GP.
Hier is ‘n lys van equipment wat gesteel is:
- Wit Venter trailer (Registrasienommer HPS848GP)
- Hand built confetti canons (irreplaceable)
- Roland Keytar (white)
- Fender Stratocaster Guitar (Black & White)
- Al hulle guitar effects pedals: Boss Compression, Boss Blues Driver, Boss Tuner, Boss Distortion, Line6 Delay.
- Sennheizer Wireless in ear-system
- Sennhiezer Wireless guitar system
- 3 x Shure in-ears
- 2 behringer mixers
- Bongo Bass Guitar
- Mark Bass amp head
- TC Electronics Voicelive touch
- 2 fire extinguishers
- Franco se university notes en al hulle cables. Please share!
Watter tipe van poes moet jy wees om iemand anders se stuff te vat? Dis hierdie ouens se lewens. Dis hulle fokken werk. Dit maak my die poes in as mense net shit steel en nie dink aan die gevolge of watter effek dit op ‘n ander persoon se lewe sal he nie.
Iso bied ‘n cash reward aan vir die veilige terugbring van hulle trailer en al hulle equipment. Hule het nie laat weet hoeveel die reward is nie, maar Watkykjy het rondgevra en tussen so paar van ons tjommies en lesers belowe ons om ‘n extra R4000 by te voeg indien die trailer terugbesorg word aan hulle met al die gear. Laat weet asseblief as jy iets weet. Dis ‘n heavy poes move.
O ja, so gepraat van – Kyk byvoorbeeld na hierdie naai ook. Hy’t branding van een van ons karre afgesteel. Die goed kos fokken geld. Ons gaan nie huil oor die R350 nie, maar bra, daai sign is nie fokken joune nie. Jy’t dit van ‘n kar af gesteel en iemand het daarvoor betaal. Daai iemand was nie jy nie. Ons gaan jou adres in die hande kry en jou kar se spieeltjies afsteel as jy nie ons branding terugbring nie. Dis mos lekker om van karre af te steel. En ons los jou foto op Watkykjy want jy en die ou wat Iso se kak gesteel het is dieselfde tipe kont. Steel is steel.
Watkykjy staan op 3,056,052 post views in totaal sedert 1 November, 2019.