Help ISO om nuwe gear te kry.

In Oppikoppi deur griffin

Soos ons julle Maandag vertel het, is al ISO se gear by Oppikoppi gesteel. 'n Hele Venter trailer vol gear. Dis nogsteeds nie opgespoor nie en die konte is nogsteeds nie vasgestrek nie.

Help asseblief die band met donations sodat hulle nuwe instrumente kan koop. Hulle was nie verseker nie en al hulle brood en botter is in een kak move van hulle af weggevat.

Elke klein bietjie sal help, so looi so paar Randela's wat jy ekstra oorhet of vreet eenkeer minder hierdie week take-aways en help 'n paar goeie ouens uit. Deel hierdie gerus met die Twitter of Facebook button onder die post. As julle die ouens wil uithelp, stuur asseblief 'n e-mail na management@isochronous.net en hulle sal hulle bank details met jou share. Ek het vir Richard gevra om ons te update soos die zak inkom. Die ouens is regtig kniediep in die kak so enige hulp word baie waardeer. Ons sal self ook R1k donate.

Check hoe gelukkig lyk die ouens in hierdie foto – dis die laaste keer wat hulle daai instrument vasgehou het om mense te entertain. By Oppikoppi.
iso band

Check ook sommer hulle nuutste music video, Heaven:

Hierdie post is 58 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,474,843 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinHelp ISO om nuwe gear te kry.