Wiele vir pappa
Aah, iPads en smartphones – die beste babysitters sedert apartheid sy gat gesien het. Jy sit die kind in die hoek van die sitkamker op die mat neer met die device terwyl jy die gras gaan sny, mamma in die boude raps in die spaarkamer of zol gaan rook in die garage. Lekke "me-time" terwyl jou 14 maand oue toddler rondfok met 'n Disney app of Barney & Friends uitcheck op YouTube.
Of soos in Paul Stoute se geval, vir pappa 'n 1962 Austin Healy Sprite op Ebay koop met hulle app. Gelukkig vir hierdie bra was die winning bid so net onder R2500 en die ou het besluit om die kar te hou en dit te restoureer. Hy is net fokken bly dat die spruit van sy spuit nie die kakduur Porche gekoop het wat hy laaste ge-kokkenodge het nie.
Die kar lyk soos 'n absolute stuk kak, maar as ek hierdie ou is, sal ek dit vir die kind fix as 'n eerste kar. Hy het meer as 15 jaar om die kar vir sy dogtertjie reg te kry. Hy kan ongestoord voortswoeg aan hierdie monster van 'n DIY project. Solank pappa die kind in die sitkamer los met die iPad om haar besig te hou terwyl hy met die geroeste engine rondfok in die garage is alles mos piele? – Huffington Post
Waddefok, ou?
Kyk mooi na hierdie ou. Sy naam is Edwin Tobergta. Hy is twee-en-dertig en bly in Ohio. Edwin lyk nie na 'n netjiese man nie. Edwin is 'n creepy man. Lyk Edwin vir jou soos iemand wat in publiek vrouens se tekkies sal snuif of lyk hy dalk soos iemand wat 'n lilo sal naai?
As jy "lilo naai" geraai het, is jy reg, alhoewel ek nie twyfel dat hy moontlik eersgenoemde dade ook sal pleeg nie.
Hierdie etterblaps is deur 'n kind ge-eye waar hy by sy agterdeur uitgeloop het (kaal natuurlik) en 'n lilo begin naai het. Dis ook nie die eerste keer nie. Hy is in 2011 gevang waar hy die bure se pienk lilo gesteel het en in 'n alley agter sy huis die ding wild en wakker piele gevoer het. Seker 'n geval van meer "cushion for the pushin". But wait, there's more! Hy is ook al vantevore gevang waar hy besig was om 'n opgeblaasde pampoen van oor die 1.5m te zaber. Jy weet wat hulle sê van pampoene? Hulle is almal pienk aan die binnekant.
Dit is onseker of Steve Hofmeyr se song, "Pampoen" enigsins aansporing vir die ou was… – The Smoking Gun
Vampire schmampire
Almal weet dat Goths eintlik net grootmense is wat as kinders leerprobleme gehad het wat eers in hulle volwasse lewens manifesteer. Almal behalwe goths weet dit. Dis hoekom hulle sulke simpel mense is en hulle sulke fokken stupid goeters doen en soos brandsiek vlermuise met clown make-up rondloop.
Vat byvoorbeeld hierdie couple van Suffolk. Die 20-jarige Lia en haar 38-jarige boyfriend, Aro (fokweet met sulke name) is vampires. Wel, Aro was alreeds een gewees terwyl Lia nie geweet het dat vampires regtig bestaan nie. Hier is vir jou fokken nuus, Mortitia – hulle fokken bestaan nogsteeds nie, jou kakkert!
Na 'n bloeddrinksessie het die werklose Aro (big fucking surprise there) haar in 'n vampire verander. Dit het haar 'n dag geneem om te tansform van 'n "gewone" mens met kak make-up na 'n "vampire" met kak make-up en die experience was vir haar meer intimate as seks. Hier is vir jou nuus, poppie – jy doen seks fokken verkeerd: die piel, hy moet gaan daar by die poes.
Sy reken dat sy flou voel as sy nie bloed drink nie. Vir 'n ekstra fix het hulle darem ook varkbloed van die naaste abbatoir af in stock. Ons kan net hoop dat varkgriep hulle op een of ander miraculous wyse sal uithaal. There is too much dumb on planeth earth… – The Sun
Watkykjy staan op 3,084,446 post views in totaal sedert 1 November, 2019.