Wacky Wine, Wacky Wine, Party Time, Excellent..!
So paar naweke terug het hipsters, snobs, Maties, moffies en hoenderkoppe (suiplappe) van regoor die Western Province weer almal gestroom na die Robertson valleys vir ‘n groot wynfees. Ek praat van die Wacky Wine Weekend. Die wynboere hou al vir tien jaar lank annually ‘n groot makietie waarby die wyn loop soos wel, wyn en ek moet bieg dis ‘n fokken skande dat ek wat hier in die “WiePie” grootgeword het nog nooit van tevore daar was nie.
Ek was bietjie in two minds toe my tjommies tune ons moet gaan, mainly omdat wyn iets is wat mens drink, nie suip nie. Daarvoor koop jy bier of brannas. Almal weet dat om geslinger te raak op ‘n mengelmoes van sjerries, sjampers, soetwyn en droë rooiwyn ‘n kak idee is. Ek is ook geneig om wynproewers te sien as beterweterige fokkers wat skiem omdat hulle usually geld het, hulle iets van wyn af weet en neerkyk op jou as jy nie ‘n Range Rover ry of K-way fleeces en kaksakke van Cape Union Mart dra soos hulle nie. Ek like ook om events te scope op plekke soos Facebook VOOR ek my petrol uitry en dan’s dit ‘n kak paartie. ‘n Event se website gee jou dalk die pryse en what’s happening, pryse en directions. Party wys ook mooi tjerries wat betaal word om te pout, hulle tieties te pronk en te smile asof dit baie fokken lekker is daar. Op Facebook event pages kan jy darem sien watter van jou tjommies ook gaan, of jou eks-vrou daar gaan wees en general comments lees oor of hulle befok is met die bierpryse, waar om te gaan, waar om weg te bly, en tips kan vang van hoe dit RERIG by die fees gaan. Die Wacky Wine het NIE so page nie, net ‘n Wacky Wine profile wat jy kan add as ‘n vriend, wat jou nie veel help nie, so take note vir volgende jaar, ouens, julle moet bypik.
So ja, vir die van julle wat die jaar daar was, voorheen daar was, of skiem om in die toekoms te gaan, hier is is vir jou so bietjie van ‘n overview van die Wakka-Wakka fees. Fok, snaaksgenoeg het ek die ou tuinkakker en grapgat, Ferdinand, gesien uitstap met baie ganse voor hom by een van die plase. Jirre daar’s nou nog mense wat “die Boesman” se handtekening soek, na al die fokken jare. Sad my bra, sad. Niemand vra eers myne nie en ek het darem al ‘n fokken chopper afgeskryf, voorblad gehaal EN ek was ‘n PREFEK op skool!
Logistieke en En-Route
Robertson is ‘n goeie 1hr 45min se ry uit die Kaap, so moenie dink jy gaan soontoe vir die dag en jou dronkgat terugry huistoe laatmiddag nie. Oorbly of ‘n designated driver is jou beste option. As jy soos ek van George se kant af kom gaan jy probably deur Ashton moet ry. As jy daar kom, hou aan ry, don’t pass Go, don’t collect two hundred Rands. Fokol, hou net verby. Dit lyk soos een van daai faktap dorpe uit Book of Eli, net met meer China Town vibes. Ons het daar gestop by die manswinkel vir ‘n 6 pack. Kak idee gewees. Die mense is fokken shady my bra. Wil ook voorkom of hulle nêrens kaarte vat nie- “cash onry”. (Ashtonians reken: “Fok vir SARS”). Jy kan lay-buys ook maak. Hulle WEET jy sal kom betaal, anders gaan Big Wang elke week wat jy laat is een van jou kinders se voete kom afsny. Daai kinda shady. So ja, kap maar ‘n direct routing. Jy kan probably wegkom met ‘n rustige car bar vibe oppad soontoe. Ons het langs die pad gestaan en pis buite Robertson met Blackies in die hand en die Zarpe het net verby ons gery en blind eye gegooi. Die traffice lê ook net mostly onder hulle hoedjies en slaap langs die hoofpad, min gespin.
Hoe om te line
Die ding wat jy moet weet van die Wacky Wine Weekend is dis nie een venue nie. Jy moet rond travel van die een plaas na die ander en dis loopafstand ja, maar nie heeltemal slinger afstand nie. As jy soos ek is wat nie vriende het wat NIE drink nie, kan dit ‘n issue raak, veral as nie een van julle like van wakker word in ‘n holding cell met taai boude en nat ogies nie. Jy kan probably ‘n paar happe maak en nogsteeds ry, solank jy ‘n goeie composure kan hou, maar as jy jouself oor ‘n mik gaan suip en hulle stop jou gaan jy verseker tjoekie toe. Gelukkig is daar shuttles wat jy kan vat soos by die KKNK en die ouens is nie te wild met die pryse nie. Dit sal jou seker so 10-20 pitte kos van een plaas na die volgende. Lekker cheap, so jy het rêrig nie ‘n excuse as hulle jou boppa nie.
Glasie-glasie Is ‘n kak game
Soos by meeste wynfeeste kan jy ‘n glas koop met ‘n tag wat jou dan qualify om oral te soep-soep aan samples en soos enige ou wat al gaan wynproe het by ‘n fees sal weet, is die samples altyd about ‘n halwe fokken teelepel wyn. Die Wacky glas kos R100 en om quite eerlik te wees, gaan jy hom nie gebruik vir baie lank nie. Jy gaan probably die glas verloor/breek en uit die bottel begin suip. So spaar die 100 skille en koop per bottel en deel met ‘n tjommie/skêr. Die pryse vir wyn per bottel is baie billik.
Moenie te veel rondloop nie. Jy’t nie fokken rooimiere nie.
Then again hoef jy nie na al die plase te gaan nie. Jy maak anyway fokol uit van fruity en oaky en la-die-daah wees as jy twee bottels wyn in jou gat het nie. Kies ‘n lekker plaas, raak gemaklik en raak rustig gekettie. Ek was nou nie oral nie maar ek kan jou waarborg dat jy nie heel naweek wil ronddwaal soos ‘n dronk spook nie. Die plekke is stampvol en jy gaan sukkel om seating te kry. Besluit vroegtydig waar jy wil wees. Jy gaan basically iemand moet afsuig om een van hulle ekstra stoele te kry. Mense gaar stoele op soos wat fokken kraaie jou ouma se fake goud Miglio jewellery skaai, so vergeet maar. Vat vir jou ‘n opvoustoeltjie. Jy gaan moeg raak om te staan en slinger en gaan later bietjie wil sit en slinger ook. Party plekke is free entrance en ander kos geld, so doen jou huiswerk. Plekke soos Bon Courage, Arabella, Van Loveren, en Robertson Winery is goeie bets. Die tjerries is gorgeous en die gees fokken looooop, pappie! Jy gaan dalk soos ‘n fairy lyk met jou serpie en bottel pienk sjampers by Bon Courage, maar dis probably een van die lekkerste kuierplekke by die fees en het ek al gemention dat die girls fokken BEAUTIFUL is?
Die meisies is baie nat.
Die ouens ook. In fact, alles is fokken nat! Die fees vind plaas in die Wes-Kaapse reënseisoen, so dit dra by tot die reeds aapkak-chaos van die Wacky Wine. Ek stel voor jy koop vir jou ‘n paar lekker gumboots. Hulle prys so 100 na 150 blare by die die hardeware. Ek waarborg jou daai wit Supergra’s wat julle stadsmarabse so like NOOIT weer dieselfde gaan wees as jy na 4 bottels wyn op die bokant van jou voete begin loop of soos ‘n ondier kruip deur die plaasmodder nie. Trek warm aan, dis naai koud in die aande. Ietsie soos ‘n Drimac of sambreel sal ook baie help. Maak seker jy stamp ‘n roosterkoek of 2 by Kobus se Gat! – jy gaan ‘n goeie lining nodig hê.
Goeie Vibes
Daar is heelwat bands wat optree. Sommige groot name ook. Jy kan even betaal en gaan sit en luister hoe Gareth Cliff kak praat as jy rêrig fokken kwaad is vir jouself. Ek sou egter nie sê jy moet te veel emphasis sit op die music nie bra. Gaan vir die gees! Die mense lyk almal hooipalooi maar almal is daar om ‘n goeie tyd te hê en blykbaar maak wyn pretty much 90% van mense heavy fokken lovie-dovie met almal anders. Daar is even paramedics by die venues om jou dronk gat te nurture of op ‘n drip te sit as jy jouself alkoholvergiftiging gee. Hoe kief is dit nie?
Dit was rerig befok! Big ups vir die ou by Bon Courage wat ons gehelp het die bakkie aan die brand sleep die volgende oggend. Sien julle volgende jaar!
Watkykjy staan op 3,056,193 post views in totaal sedert 1 November, 2019.