Met ‘n herkoms wat strek van Kaapstad tot Johannesburg en Pretoria kan jy van “Afrikaanse Stand-up Komedie” die… wel, voorste Afrikaanse Stand-up Komedie op 8 Julie by Parker’s Comedy and Jive verwag. As individue en as ‘n span sal hierdie handvol ouens verseker dat jy jou ‘n papie lag… in Afrikaans.
Die span behels Kobus Galloway (Idees vol Vrees), Werner Smit, Francois van As (Musikant), Schalk Bezuidenhout en Hannes Brümmer. Die uiteinde is ‘n komedie groep wat jou met grappies en musiek gaan laat skater. Pret en professioneel. Of , soos hulle dit beskryf: “Pretessioneel”.
Skerpsinnig, slim en op die man af, dek hul materiaal ‘n wye spektrum van onderwerpe: Van die waarde van die Moonbag, vroumense, verkeersirkels, die slegte ekonomie, celeb-pêlle tot waarnemings van die alledaagse. Daar is beslis iets vir almal as hierdie span die verhoog tref vir een aand by Parkers Comedy and Jive, Monte Casino op 8 Julie 2013 om 20:00.
Kaartjies is teen R100 per kaartjie beskikbaar by die deur of via events@komedie.co.za. Kry jou gat daar!
Soek jy double tickets vir Maandag? Gooi ons jou beste oneliner Afrikaanse grappie in die comments en jy kan die show gaan kyk in Monte Casino Maandagaand! (Entries sluit 15:00 vandag)
Watkykjy staan op 3,049,175 post views in totaal sedert 1 November, 2019.