Check, as jy nog nooit van fotoverhale gehoor het nie, is jy maar nog nat agter die ore, my ou. Lank voor ons kollektiewe bewussyn besoedel is met goeters soos “Skarumba” en 7de Laan en in die dae toe Steve Hofmeyr genadiglik nog net in bars opgetree het, was daar sulke kief boekies, jy sien. Amper soos comics, maar met foto’s. In Afrikaans, nogal. Daar was byvoorbeeld daai warm MILF Tessa – die original skêr met skietgoed. Bra, daar is destyds meer draties gekap oor daai tannie in die bikini as oor Carike Keuzenkamp. Soos in genuine.
Dan was daar ook makkers soos Die Ruiter in Swart, Kid Colt, Mark Condor en my gunsteling – Die Swart Luiperd. Daai bra het menige boef goed laat les opsê: kommuniste, anargiste, volksverraaiers, skobbejakke, booswigte, maaifoedies, boelies, gomtorre, rampokkers en swernote – die hele lot. Ek het wel geskiem die ou is bietjie bedonnerd in sy kop om met daai luiperdkop oor sy bakkies te rol, maar mens kan seker dieselfde van Batman tune. Almal het maar hulle issues, ek sê.
Nou, na al die jare, is daar ’n nuwe held op die horison. En check, hy is nie ’n ou vir maskertjies of vroueonderklere nie. Ignatius “Malboer” Bierman is ’n fokken yster.
Die Avonture van Malboer speel af in post-apokaliptiese Suid-Afrika (gaan soek dit op, jou doos) ná die sogenaamde M-virus sowat ’n kwart van die bevolking uitgewis het. Dinge gaan maar bra kak in die nuwe, nuwe Suid-Afrika. Daar is fokken bendes, armoede, korrupsie en die jirre weet wat nog. Amper soos nou, ja. Boonop is daar die “Firma” wat mense breinspoel en vervlak met kak popmusiek en TV- en radioprogramme. Amper soos nou, ja. Maar Malboer is nou moeg vir hierdie kak.
Dié bra het ’n appeltjie te skil met Dewald Darren, die hoof van die Firma wat sy pa geblaas het en sy vrou ontvoer het. Die boek is vol ongure karakters soos Die Ot, so ’n mal fokker wat honde eet en uit die gestig gehaal word om vir Malboer op te fok. Siek shit, my ou. Dan is daar ook ’n paar rowwe chicks soos Sannie die Wreker wat heeltemal van haar trollie af is en ouens se piele afbyt en so. Jirre. Ou Malboer is natuurlik ook nie lekker in sy kop nie en behalwe vir al die skarminkels wat hy opfok, word hy ook by tye besoek deur die spook van Etienne Leroux (gaan soek dit ook maar op as jy nog net jou voorgeskrewe boeke gelees het). So dis een moerse orgie van onguurhede, kru taal en sinnelose geweld. Befokte vibes, dus.
Die Avonture van Malboer is geskryf en gedesign deur Johan Jack Smith en bestaan uit ses boeke van 60 bladsye elk. Dit sal later by plekke soos CNA en Exclusive Books beskikbaar wees, maar jy kan intussen ’n kiefpiele first edition bestel op Facebook of een by Oppikoppi koop as jy nog zak oorhet of nie jou beursie verloor nie. Ons weet hoe dit gaan, china.
Johan het vir ons ’n paar bladsye gegee sodat jy self die vibes kan uitcheck. Die storielyn is baie soos die bekende Preacher-reeks, maar so iets het nog nie in die soetste Moedertaal verskyn nie. So checkit, pappie. Fokken once.
Watkykjy staan op 3,056,072 post views in totaal sedert 1 November, 2019.