Ek het hierdie 1400 renmotor met sy Navara badge by Hatfield Square gesien. 'Skuus vir die lae kwaliteit foto's.
Plank
So bietjie Zefspotting in NYC
Corne
Dagsê Griffin
Ek het hierdie outjies by die Gautreinstasie in Centurion gekiek. Die sekuriteitswagte het my heeltyd gekokkenodge, so ek moes maar skelm neem.
Die eerste motor is 'n Ford Escort wat afgerond is met smaaklike sportstrepe aan die kant, hoë-profiel motorbande en wieldoppe, asook soekligte om die prooi in die nag te soek wat hy sekerlik gereeld jag. Die uitlaatpyp is vergroot om akoestiese doeleindes.
Die tweede voertuig is 'n Kewertjie wat omskep is in 'n blitsige vuurwa wat laag op die grond lê om drukkrag en aerodinamika te verbeter. Die voertuig is beklad met chroomstroke en vergrote hoofligte om ergonomika te bevorder. Die wieldoppe en lae-profiel motorbande is moontlik om doeleindes betreffende renjae daar geplaas. Dit beklemtoon ook die besonderse waardigheid van die eienaar van hierdie unieke juweel.
Ek het dieselfde dag ook 'n Chevrolet Lumina gewaar met 'n groot, grys skedel in plaas van die gewone Chevrolet-embleem, oortrek in 'n blink blou kleur, wit graffiti-plakkers op die enjinkap en aan die sye, reuse uitlaatpype, 'n vin, natuurlik om resiesdoeleindes, en spierwit, oorgroot wieldoppe, maar die feit dat ek 'n kiekie wou neem van 'n motor wat nie in my persoonlike besitting was nie, het die sekuriteitsbeampte nie aangestaan nie. Wat 'n jammerte.
Groetnis
Plank
Hey man hier nog n paar van die week. De aar is n plek van wonders.
Groete
LJ
Publieke toilet in Pret-oria. Wat hierdie ou ookal geëet het – was dit rerig nodig om dit op die vloer uit te kak?!
Plank
Dié foto was in Die Burger van Saterdag.
"Ongelukkige" skaduwee daar in die middel wat Photoshop gemis het.
Willie Woes
Gooi hom pappa!
Plank
Hi tjom,
Nog n zef Corsa. Die goed broei !!
Jan.
Foeitog, hierdie ou ken duidelik nie die klankverskil tussen "a" en "u" nie. Dis net in Snorstad waar iemand van "mashrooms" sal praat… seker sampioene wat baie fyn gemaal is…
Plank
Watkykjy staan op 1,048,939 post views in totaal sedert 1 November, 2019.
Comments
Daai chopper lyk fkn smart. Dit lyk net of hy 'hard' gaan ry, tensy die subframe 'n shock in het erens onder die sitplek.
Daar skort niks met daardie Escort nie. Dit is hoe hulle standaard uitgekom het.
Behalwe vir die mags is die Beetle heeltemal standaard. Die "chroomstroke en vergrote hoofligte" is soos hy uit die fabriek uit gekom het.
Wat Kyk Jy DVD's… Classic !
Ja, Plank slaan sy naam met 'n Plank oor die Ford en die Volla ! En van wanneer af is mags wieldoppe, Plank?
Die Escort het ook nie met moerse uitlaatpype en spotlights uitgekom nie. Die Volla ook nie met lowered suspension en huge uitlaatpype nie. The photos don’t do it justice. Ek het ‘n paar foto’s van elk ingestuur, maar net een van elk is gepublish, so moenie my kop afbyt omdat mens nie alles kan sien nie.
Groentes
Plank