Lekker Giftig hier in Curry Capital!
Snipster
Hi Griff
Check die attached foto. Ek het hierdie oukie noudiedag in 'n tjommie se huis gespot. Mooi geraam agter glas en als. Pretty damn sif maar fokken snaaks. Ek skiem daai papier kom van julle store af.
Tjorts.
Jaco
Dagsê!
Ek het hierdie karretjie gesien in Bury St Edmunds! Bietjie te kool vir my.
Skêr!
Swannie
Zef gevaarte in Actonville
Eugene
Yes Griff
Twee zeffers: Navara by Hoedspruit – "Thanks Vic". Stefaans se De La Rey in Aliwal-Noord.
Geniet
Cheers
Jannas
Hallo Griffin
Ek het die eerste enetjie op die N2 raakgery hier in Somerset-Wes. By aanvanklike vinnig kyk behoort die drywer nie op die pad te wees nie. Die tweede man het ons raakgery in Swaziland. Die ou het klaarblyklik 'n geheim wat swaar op sy gemoed rus . . .
Groete
T.
Hi Griff
Hier is ‘n paar juwele uit die vuildriehoek…
Groete
Schalk
Grif
Ek wil nie langs hierdie gabba staan in 'n elevator nie. Kanada Ontario.
Johan Strydom
Hi Griff en kie.
Weereens n zef juweel of 2 uit Skelmbos.Blare is groot Bok aanhangers apparently.
Groete, Neusman Jansen
Hi Griff
Ek het hierdie raakgeloop in Sandton… En gedink dis nogal heelgepas… Siende dat daar n paar smart sportskarre in dieselfde baan as ek was…
Dis n bumber sticker op n klein kia picantokie… Dit lui as volg "slow , but ahead of you"…
Adios!
Paul
Watkykjy staan op 3,056,562 post views in totaal sedert 1 November, 2019.