Omdat ons so donners gaaf is hier by Watkykjy, het jy nog een laaste kans om tickets na hierdie jaar se Oppikoppi festival, Bewilderbeast, te wen. Ons gee twee single tickets weg en sal dus twee wenners kies en dis pismaklik om in te skryf.
Wat moet jy doen?
- Neem ‘n foto met tien items waarsonder jy glad nie by Oppikoppi sal kan klaarkom nie en stuur dit na griffin @ watkykjy . co.za.
- Vertel ook vir ons in so min of meer 250 woorde hoekom daardie items vir jou belangrik is vir Oppikoppi.
Alternatively, kan jy ‘n video ook maak waar jy jou tien items afneem en verduidelik hoekom dit jou na Oppikoppi moet vergesel. Dan hoef jou entry obviously nie vergesel te word van ‘n klein opstelletjie nie. Mail dan net vir ons die YouTube link. In die geval waar ons cool YouTube entries sowel as foto entries kry, sal ons een fotowenner kies en een videowenner. Onthou, dis twee apparte single tickets wat ons weggee, nie double tickets nie,
Hier is vir jou ‘n tip: ‘n foto met drugs sal nie ver kom nie. ‘n Six pack tel nie as 6 items nie. Moenie simpel wees nie. Hier is vir jou nog ‘n tip: hierdie post is 274 woorde lank. Jy kan meer as een entry ook instuur, maar onthou, dis een foto met tien items, nie tien foto’s met een item elk nie.
Ons sal die beste twee entries kies teen Maandag 15 Julie 14:00 en die wenners bekend maak later daardie Maandag of Dinsdagoggend. As ons nie entries van goeie gehalte kry nie, sal ons besluit hoe om andersins van die tickers ontslae te raak.
Watkykjy staan op 3,083,856 post views in totaal sedert 1 November, 2019.