Ek's klaar nervous. Gewoonlik kalmeer so stukkie Langpad Stories van ou Dana Snyman my, maar die naweek nie. Dis 'n moerse een vir die Spoedkatte. Amper soos 'n Currie Cup final, dalk net so bietjie meer belangrik, so as jy in Bloem bly en nie by die game uitkom nie is jy pretty much 'n loser. Julle boytjies het bo alle verwagting 'n kans om in die uitspeel rondtes mee te ding, maar moet net eenvoudig die een wen!
So opgewonde soos ek moet wees dat dit Vrydag is, dink ek aan Naka en hoe die Vrystaters hom al meer as een keer wou fire. Ek wonder ook wat Os skiem – Os is 'n legend en ons vergeet soms dat hy al twee World Cups gewen het – fokken twee, bra!
Dan is daar Atter (Adriaan Strauss) en ek worry of die man nie al te veel rucks vanjaar bygewoon het nie. Hy jol mos teen daai All Black breker Kevin Blomkool Mealamu wat die week sy terugkeer van die bank af maak. Nog 'n All Black wat my so bietjies-bietjies in my broek laat pis is daai Rene Ranger. Hy word deur Ford gesponsor. Cheetahs luister nou mooi vir ou Kortbroek: Hy is nie Lomu nie en soos my ou rappie coach altyd getune het: "Tackle laag. Net Peter Pan kan sonder bene hardloop"
Worry sal ek worry.
Het die Blues al Willie se chipkicks uitgefigure? Gaan Piet van Zyl okay wees om te jol? Dis heavy Blues vibes die. Tog is ek nog nie so depro soos Riku Lätti se tjerrie nie. Fok die bra is nou al ses maande dood nadat 'n Wolf hom in die nuts gebyt het. Gaan Google dit.
Die Spoedkatte het gesukkel laasweek. Hul vastefasette het danksy Ysterbeth en sy tjommas nie so lekker gewerk nie, maar ek haal my hoed af oor die feit dat hulle vir Ryno Benjamin aan die Blitze geleen het. Om aan die Blitze te dink help ook nie vir die depro Vrydag vibes nie.
Die Spoedkatte beter 'n daai Kiwi's gas gee – ek party die naweek saam 'n paar hardcore Cheetahs en is nie lus vir depro dronk boere sonder plase nie. My bucks is op nog 'n solid game deur Heineken se stiefkind Heinrich.
Genoeg Blues vir nou, dalk moet ons eerder so bietjie lippe aflêk vir die shots wat op Loftus uitgedeel gaan word.
Manne, dit is die eerstekeer die seisoen dat die Bethlehem broers saam uitdraf. Daarteen het ons 'n Chiliboy wat alles behalwe chill is en dalk so bietjie pissed-off kan wees oor hy nie sy gebruiklike drie minute (per game) vir die Bokke kon jol nie. En as dit nie genoeg tackling fuel vir die vuur was nie, behoort Keegan Daniel se Afrikanse woordeskat so bietjie te verbeter.
Ek sal like van die Bulls wat wen – net omdat die Sharks se kanse om die trophy te lig so goed is soos my kanse om ons SuperBru pool te wen – ek sit tans in 412de plek (uit 500) en het so maand terug ophou picks maak. Ek wag nou vir die Currie Cup waar ek my zak op my geliefde Griekwas sal verloor. Ek weet nogsteeds alles van rugby en meer as Naas en Nick Mallet saam. Want ek blog mos, en bloggers is die nuwe SABC.
Net so voor ek my eerste brannas gaan gooi wil ek ook net vir die minister van sport tune daai Double Header (Bokke en Bafana) wat op Sokker City gejol word in Augustus maak my moerse opgewonde. Thanks, oom Fikile Mabambalula.
Ek voel vir sokker about soveel soos ek doen vir Aussie Rappie (Go Lions!) maar was al perongeluk by 'n Sundowns v Chiefs game en die brannas was on-ge-fokken-looflik. Sulke skelm halfjacks langs die pad voor en na die game. Die ouens wat dit verkoop vra jou heeltyd of jy airtime soek… airtime is code vir brannas. Boys, ons gaan 'n ding mos fokken behoorlik raakbraai!
My Blou Bull buddies soek hoeka 'n verskoning om weer in Orlando se shebeens uit te hang.
Watkykjy staan op 3,056,193 post views in totaal sedert 1 November, 2019.