Net so vir starters, die Bulls het nouwel 'n semi, maar kon 'n solid horing gehad het as hulle nie in daai rokkies teen 14 Stormers verloor het nie. Feite. Goeie donner, min dinge maak so seer soos 'n drag slae op Nuweland! Well done die Stormers, die WP, die defending Currie Cup champs. Die brasse wat in dieselfde dorp as Jack Parow, Fokof, Tafelberg, 'n kakhuis vol hipsters en bergies bly. Daar waar dit mooi en veral koud is. Met niks om te wen nie, gaan staan en jol hulle toe so stukkie rappie. Dis asof hulle moerse trots is op daai venue waar hulle soos sleg honde geboo word as just about enige Kiwi span daar pitch.
Weird, Kaapse vibes. Dit was 'n game wat die Bulls moes wen, en die Stormers moes verloor. Dis nou as jy die koppie by die Chiefs wou leen vir so rukkie. Die Bulls is, heel verstaanbaar, so bietjie pissed-off. Sekere Bulle kraam 'n kalf oor daai pienk fokkop want hulle weet hoe dit werk. Hulle maak heavy uit van finals rugby en sal jou ook gou herinner dat hul die enigste span in die land is wat al iets fokken Super gewen het.
Naas se SuperBru secret is 70% van die tyd "back the home team, Darren" – gaan Google dit, want ek het die stat nounet uigedink. Nietemin, die Bulle kots so bietjie oor die pienk trui wat glo soos soetkoek verkoop. Al kak is, as hulle daai best-seller in Brooklyn Mall aantrek vergeet hulle hoe om te wen.
My tjom Werries het gister sy moer gestrip.
"As die Bulls regtig serious so moerse issue oor kleur het, kon hulle eerder vir Chiliboy kaptein gemaak het. Dit sou meer sense as hierdie publicity stunt pienk trui kak gewees het" – volg hom op twitter @Wernerriekert
Werries is ook pissed-off oor Chiliboy (nes Jano JK en die hele bleddie spul) binnekort oorsee gaan. Check, Werries like fokkol van die Pienk trui nie. Dit maak die lewe in Worcester, moeilik bra. Maar hy's noggal groot op sy ruggas, 'n hardcore Bulls bra. Hy skiem sy span se kanse sou about 20 keer beter gewees het op Nuweland as hulle nie die truitjies wat soos soft targets op die veld lyk aangehad het nie. Intussen wens hy Vodacom maak hulle signage op Loftus blou vir volgende week se semi – as mens daai plek pienk kan paint is so bietjie Blou vir een game seker nie te min gevra nie. Hulle kan dit die "Save the Blue Wale" campaign noem of some shit.
Right, kom ons check bietjie die naweek se SuperBru uit. Vir die manne in die top 50 in Duidelik (die beste pool in die heelal) is dit crunch time.
Crusaders v Reds – Saterdag 9:35
Sonder om te veel tyd te mors – ek skiem die Crusaders behoort dit maklik te laat lyk. Al wat hulle kan breek is 'n blinder deur Will Genia. Let ook dat Richie McCaw in die mix is.
Kortbroek pick: Crusaders met so 12, al is dit 'n play-off
Griif pick: Crusaders met 8
Spoedkatte v Brumbies – Sondag 8:10
Goeie donner, die Cheetahs beter wakker skrik! Ek meen seriously boys, daar is nie nou tyd vir recover na 'n week se chill nie. Ruk 'n ding mal, maak ons trots en sorg dat daar 'n paar semi nugter omies by Bloem NG inklok na die game. Fokkit ouens, Snake White like ook nie van klein mannetjies soos Heinrich Brussow nie. Bliksem hulle. #Once
Kortbroek pick: Brumbies met 3 (see what I did there – gaan check waar ek in ons pool is)
Griff pick: Ek staan op 51 in die pool van 400, so ek skiem Brumbies met so 10 punte om my in die top 40 in te dra.
Raait, ek raak nou heavy lus om te duik, maar sal dalk eerder moet koes want ek't so idee my baas will my met die kop bliksem.
Watkykjy staan op 3,048,233 post views in totaal sedert 1 November, 2019.