Fokkit, ek moet meer gereeld Durbs toe gaan. Die weer daar is heel jaar deur befok, lykit my. At least kon ons die weer vir so twee dae geniet in plaas van om met gevriesde eier in Gauteng wakker te word. Gawe mense het myself en my tjommie Sipho Hlongwane (check sy nuwe boek uit) afgevlieg Durbs toe, gestick vir kaartjies heel voor by die Top Gear Live show, ons gevoer en ons opgesit in ‘n kakdodgy hotel. Fok, hulle het even vir ons brannas gekoop. Ek ken nie Durbs so goed nie, so as ek die area waarin ons gebly het moet vergelyk met iets wat half familiar met my is, sou dit tien teen een iets wees soos Braamfontein by the sea.
Sure, die hotel lyk mooi van buite af. Lekker old school vibes:
Maar hierdie plek is soos die arm man se Hollywood soos wat Gary Busey die arm man se Nic Nolte is met die verskil dat daai twee krimpies heel moontlik lelik van buite en binne is. Soos die hotel se interior. Dit remind mens half aan daai first person shooter PC game in die nineties, Redneck Rampage:
Bygesê, mens het vir sulke kort en vinnige in-en-uit missions net ‘n plek nodig om te dos vir so paar ure nadat jy sneeuerige beelde op eTV gekyk het van kaal Britse tannies op waterbeddens wat jou smeek om hulle te bel vir foonseks terwyl hulle met hulle Smarties speel en jy jou apie streel. So dit was nie te veel van ‘n disaster nie. Inteendeel, die Top Gear Live show was befok gewees en het vir alles anders opgemaak.
Hierdie was die derde Top Gear Live festival wat ek bygewoon het en elke keer was dit by ‘n ander venue en elke keer (behalwe vir hierdie een) was dit ‘n fokken disaster gewees. So paar jaar terug by The Dome in Randburg was dit was indoors gewees, so die show was moerse limited in terme van wat die ouens kon doen. en oppad huistoe was die traffic ‘n fokop. In fact, niks by The Dome is ooit fokken 100% lekker nie. Brand seblief daai fokken plek af.
‘n Jaar of twee later by Kyalami het alles smoof geloop vir so dertig minute, toe sak daar ‘n donderstorm groter as Julius Malema se skuld oor die plek uit en fok almal se kamera’s en selfone six-love op, because there was not place to hide! Die reën het daai dag fokken orals ingekom. Enige Cosatu strike sou meer organised gewees het as daai verfoklike dag.
Draai die horlosie aan na 2013 toe, sit ons die buitelug by die Moses Mabhida stadium in Dirtbin, gooi so paar pre-shows, poeshot meisies, extreme motocross bikes en acrobatic aeries in, en jy’t ‘n wenresep. Fok, ons kon even die ruggas in gemak kyk vanaf couches en baie bier klap tot ons eventually die 19:00 show gaan kyk het. Die car exhibitions voor die tyd was ook nie kak nie. Ons het net jammer gevoel vir die companies met die poesduur karre wat vet (en duidelik middelklas Durban) ouers en hulle kinders met roomys en -spookasemhande in hulle R1miljoen-opewaards karre laat klim het. Jy kon actually hoor hoe die waarde van daai karre met R10k drop elke keer as ‘n marabs agter die stuur inklim en met knoppies begin fok en hulle stinking DNA orals oor die vuurwaens los.
Die show self was befok gewees. Die hele Top Gear crew was daar – Clarkson, Hammond, May en natuurlik The Stig. Ek gaan nou nie aangaan oor wat alles in die show gebeur het nie, want ek het evidence terug gebring in die vorm van so paar foto’s en ‘n video wat omtrent 95% cover van wat ons alles gesien het. Besluit maar vir jouself. Volgende jaar skiet ek virfokkenseker weer daar uit, al moet ek hierdie keer self betaal en afry met ‘n driewielfietsie…
Top Gear highlights video:
Top Gear highlights foto’s:
Watkykjy staan op 3,092,700 post views in totaal sedert 1 November, 2019.