Om Kings of Chaos te gaan kyk is bietjie soos om Fantasy Football te speel met rock en roll. Waar anders check jy bra's van Guns 'n Roses, Deep Purple, Velvet Revolver, Def Leppard , Alter Bridge en Collective Soul saam op een stage? By die Grand Parade in Kaapstad, pappie, dis waar! En ons was daar. Daar soos die Highway Star, my blaar. Once.
Check, soos met Mission Metallica, launch ek en 'n spul pelle die mission van Casa Chopper af in 'n shuttle met 'n mix CD van al die bands se grootste hits wat kliphard brul oor die speakertjies. Almal sit drank innie hand, fok die drankwet in sy poes in ek sê. Fokken koninklike chaos. Sit hom in.
Slaan ons uit soos masels by die dobbelhuis, toe verloor van ons eers bietjie zak en toe's dit lippe op die klippe. Bier suip en geesvang voor die oomblik van waarheid. Kry nog chommas daar, ons make die circle bee-ger ek sê.
Fokkol opening band. Nie nodig nie. Die ligte dim, weird trompetgeskal vibes vul die lug (soos in die Middeleeue met narre en kak) en die band word op die screen introduce, een vir een. Hulle hou Slash vir laaste en die mense verloor hulle kak vir die eerste maal daai aand. Hier kom 'n fokken ding.
Straight away spring hulle weg met 'n blistering track "Highway Star" van Deep Purple. Die pyrotechnics spuit sulke vuur en vocalist Glenn Hughes (toppie van oor die sestig) loop haal die hoë note daar bo waar bra Jimi Hendrix kitaarslaan deesdae.
Next up "Smoke on the Water" en mense freak uit. Ons ook. Hierdie is wat ons mee leer kitaar speel het bra. Die shit. Gevolg deur twee Collective Soul tunes, wat actually beter afgegaan het as expected – "Heavy" en "Shine". iTunes hulle maar.
Na twee "Hysteria" era Def Leppard tracks ("Animal" en "Pour Some Sugar On Me") is dit onto the big one. Slash en Myles Kennedy strut op die verhoog en launch into "Nightrain" van Guns 'n Roses se "Appetite for Destruction" album. Met "It's So Easy" van dieselfde album straight after. Dis soos 'n sneltrein reguit hel toe en ons almal het 'n kaartjie. One way pappie. One way.
Ons spring met gebalde vuiste in die lug en probeer daai fyn balans handhaaf tussen headbang vir die eerste span en steeds soveel kyk en geniet as moontlik. Dis nie maklik nie, maar dis poeslekker. Hard en aanhouded. Gees. Befok.
Hierna kick 'n acoustic set in wat actually fokken sharp was want ek is toe pas ontslae van my liggaamsgewig in sweet. En vars uit bier uit. En jirre, metal maak 'n man dors ek sê.
Met die acoustic vibes kry die manne sommer couches op die verhoog en 'n lekker mat en stoeltjies en tamboeryne en daai weird skudgoedjies met sade in wat jy in sangklas kry op skool.
Weereens beindruk Glenn Hughes mateloos met sy range op "Mistreated" van Deep Purple. Die ouens run ook deur Def Leppard, Collective Soul en Velvet Revolver voor Gilby Clarke die unplugged vibe afsluit met "Knockin' On Heaven's Door". In sy woorde: "A song none of us wrote!"
Polisiesirenes en visuals van vlamme lei "Burn" in met Slash op lead en Glen Hughes op vocals. Ek sweet binne 30 sekondes al weer soos 'n fireman, maar gee nie meer om nie. Die manne is nou mooi warm. Die rock loop oop.
'n Led Zep cover volgende – "Communication Breakdown" – en dan launch Slash die opening riff vir "Immigrant Song". Aaahahaaaaaaaaaa-HA! gil Myles Kennedy en ons bounce here and there and everywhere. Ek moet bieg dat ek hier net elke tweede beat gesien het as my kop oplig uit die headbang. Dit was intens in ten cities. Big. Huge.
Die manne draf deur nog 'n Velvet Revolver tune ("Slither"), Queen se "Tie Your Mother Down" en "All The Young Dudes" van David Bowie en toe is dit sulke tyd. Tyd vir daai riff waarvoor almal wag, veral die boneheads met die gestreepte gholfhemde en boepense wat net daai een tune ken uit die hele show. Hulle en die tannies met die kort kapsels en die hoë jeans en plastic oorbelle.
(Ek sal eerlik wees, ons almal love daai tune, maar dis darem net lekker om iemand kak te byt jy weet, te maak of ons cooler is en shit.)
Dis "Sweet Child o' Mine" en ons almal sing uit volle bors saam, harder as wat Die poeslike Stem ooit gesing is. Vir about vier minute is die metalheads en boneheads vriende, almal dink aan iemand met blou oë waarvoor hulle lief is, jong romanse, skaam boners en goeie tye.
"Where do we go now? Where do we go now? Where do we go now"
Ek sê jou waar . Paradise City moederfokkers! Dis weliswaar die volgende en laaste track ('n soort van encore) en nou spring selfs die tannies met die helmet hair op en af. So skamerig. Haha.
Ek het Guns 'n Roses nooit in hulle heyday gesien nie, so ek geniet hierdie asof dit 20 jaar terug is. Slash raak animated op die vinnige deel en doen daai een-knie pomp-spring wat so kenmerkend is terwyl sy vingers dans oor die snare en sy top hat perfek in plek bly op sy swart krullebol. Dis net die sigaret wat kort. Fok Axl.
Aan die einde van die song reën dit silwer confetti en streamers uit die lug wat vasplak aan ons sweterige gesigte. Ons kan nie glo dis oor nie, maar dis twee ure en twintig songs later. Ons skuifel-skuifel uit die casino saam met 6000 ander mense en gesels land en sand oor al die fantastiese oomblikke van die show.
Goed soos:
- Hoe fokken poesgoed Slash kitaarspeel. Dis anders om dit live te sien, trust me. In-fokken-credible, die man is 'n meester. En net so fokken cool. Jarra.
- Die openbaring wat Myles Kennedy is. Om beide Led Zeppelin en Guns 'n Roses tunes aan te vat en dit af te pull (dalk beter as die originals), is fokken amazing. Ek rate nie sy eie band Alter Bridge nie, maar check Slash se laaste album "Apocalyptic Love" uit vir 'n voorsmakie.
- Dave Kushner op lead guitar. Ek ken die bra net van Velvet Revolver af waar hy tweede kitaar speel teenoor Slash, maar op die Deep Purple tunes het hy fokken impress met mean-ass solos. Respek.
- Glenn Hughes se vocal range. Fuck me. Die "Mistreated" cover is net hy (al iets in die sestig jaar van hom, bad haircut en al) op 'n kitaar. Koue rillings. En sy falsetto op die heavy stuff is nog meer impressive. Die man is 'n legend.
- Hoe chilled Matt Sorum is. Die enigste drummer en die bra wat die show organise. Koel soos 'n komkommer timmer hierdie drommer elke nommer sonder kommer uit. (Lekker Die Burger line daai! Eat your hearts out losers.)
- Hoeveel fun die dudes het. Dis duidelik dat die pressure af is vir die ouens. Hulle het klaar bewys wat hulle moes. Nou is hulle op stage vir die pret daarvan en gooi net 'n poeslekker show. Vir ons. Dis amazing.
- All the lame dudes. Paar heavy weird spectators gewees ek sê. Paar heavy krimpies ook, moerse straight. Soveel so dat niemand die woorde geken het van "All The Young Dudes" nie en Joe Elliot dit maar self moes sing. Blind.
- Die ou met die nekstut. Ek kan ene verstaan na die tyd, maar voor die show al? Nooit ou. Dit maak mos nie sin nie. Seker te vinnig na 'n voëltjie in die Kruger Park gekyk.
- Die beste backing singers ooit. Op van die laaste tunes was Ed Roland (Collective Soul), Joe Elliot (Def Leppard) en Glenn Hughes (Deep Purple) die line of backing singers vir Myles Kennedy. Jy weet, daai twee chicks en een gay dude wat gewoonlik so vingers klap en koortjies sing? Ja dis hom.
Vir dié van julle wat die Kings of Chaos in Sun City gaan check, geniet dit. Dis genuine 'n fokken rock en roll ervaring en nogal unique. My gat jeuk nou om sommer op te jaag met die GTi…
Take me down to the Sun City…
Watkykjy staan op 3,049,129 post views in totaal sedert 1 November, 2019.