Raait, so Oppikoppi het hulle vier finalists gekies. Ons het kakbaie entries ontvang, maar so paar van die entries was invalid omdat mense nie die reels gelees het nie. Let veral op die volgende twee reels:
Reels:
1. Gebruik die tune wat ons vir julle gee
10. Ons gaan aan geen huilerige korrespondensie deelneem nie, en die beoordelaars se besluit is finaal. Soos die dood.
That said and done, hier is julle vier finaliste.
Zetshake tans op 2413 views
Super Best Friends tans op 180 views
Greenside Crew tans op 2446
Kpax Crew tans op33 views
Moenie dat die views jou mislei nie. Ons reset dit na nul toe vandag, met ander woorde, ons tel slegs nuwe YouTube views vanaf hierdie oomblik tot en met Vrydag 5 Julie om 15:00. Die “voting” is met ‘n week aangeskuif omdat WKJ eers so bietjie in Afrika gaan rondfok in 4×4’s.
Daar is nog ‘n silwer randjie vir die ouens wat dit nie gemaak het nie. Oppikoppi het vir ons nog twee kaartjies gegee om weg te gee, so ons sal solank begin dink hoe ons dit gaan doen.
Hier is julle finalists:
Watkykjy staan op 3,102,325 post views in totaal sedert 1 November, 2019.