Ons het die gees, ja man ja, ons het die gees… waar die fok is die brannas, my bra?
Dit was Loftus vir jou laas naweek. En vir ons ouens wat nie elke dag in Snor City uithang nie was dit 'n kiefpiele experience. Die Bokke het gescore, ons het geskree, dit was nie te koud nie en Samoa het meer beserings as ons opgedoen.
Congrats vir bra Jean Div en die boys. Julle het ons moer trots gemaak nadat ons amper wou begin polse afkou na daai Skotland episode.
As hierdie toetskrieket was sou Bryan Habrannas beslis die man of the series prys gewen het en al is daar steeds moerse baie plek vir verbetering, is ons moere impressed dat ons boytjies nie meer elke donnerse bal weg skop nie.
Ek sou gelike het as ou Appels (Gio Aplon) kans gekry het en Piet van Zyl dalk bietjie meer game time gekry het. Either way score Heineken vir die toernooi 'n solid 6/10 in die Kortbroek Armchair-Coaches-Weet-Mos-meer-as-almal puntestelsel.
Hier was my experience by Beloftes, en ja daar was derduisende sexy boeremeisies in boktruitjies wie ek almal wou Instapomp.
Voor die Game:
Okay, so Castle was die manne wat hierdie June International storie gesponsor het en net soos Ramfest vibes (waar dit RedHeart was) kon jy nie regtig brannas binne die grense in die hande kry nie. Dalk was dit 'n goeie ding. Fok, dalk was dit rede waarom dit so awesome experience was. Die slimmer brasse het in TradeMarx of by East Woods "lekke plek lekke mense " vir 'n pre-match pitstop gegaan.
Hulle human spirit was so bietjie gebreek toe hulle by die pre-match tent gepitch het en vir bier moes settle. Jy kon 'n kiekie van jouself by die Absa tent gaan neem en some serpie score en daar was ook 'n koortjie. Mens kon nie regtig daai koor wat nou die dag voor ou Griff se deur opgedaag het mooi hoor nie, al wou jy dalk.
Anyway, die human spirit koortjie het moerse gesukkel om met Kurt Darrrren te compete. Donner ou Kurt, ek's dalk bietjie meer neutral as dit by die een kom aangesien ek moet erken dat ek al per geleentheid op een van jou tunes moes langarm, maar so paar van jou fans reken daai performance was net eenvoudig kak vals bra. Nee seriously. Dit het so erg gesuig, die kids wat daarna moes luister kan 'n klag van mishandeling teen jou indien. Los eerder daai lip-sync masjien aan in die vervolg. Siesa
Dit was R20 'n Castle longtom in die biertuin vibes en ek het hierdie een bra van my wat so ruk terug in Amerika trekkers bestuur het raakgeloop. Hys 'n yster. Net soos die manne wat hierdie shit by hulle werk gebruik.
Ons het rappie gechat, tjierries beloer en overall was dit 'n moerse cool experience. Terloops, ou Frontrow Grunt se naam het vir some rede 'n hele paar keer opgepop. Dit lyk my die Pretoria crowd raak bietjie afgepis deur van die dinge wat hy kwyt raak. Ai Tank, jy was 'n semi-decent Vodacom Cup stut. Respek ou grote.
Tydens die game
Ja ek het toe my ticket vir 'n guard gegee toe Siya Kolisi nie start nie…ek bluff mos nie sommer nie. Chekkit uit.
Okay fine, ons het toe spare tickets gehad aangesien een bra se tjierrie nie happy was met die idee van rappie by Loftus nie… of some shit oor kinders tel so daar was ekstra.
So klompie jaar terug het mense gereken Loftus is rof en onbeskof en 'n total malhuis… toe nou nie.
Sure, daar was hier en daar 'n bra wat 'n branna teveel in sy gat gehad het maar die reputasie waarmee Samoa in die game ingekom het gesorg dat almal so-half nervous was.
Op die Oos-paviljoen staan jy reg agter die Bokke as hulle die anthem sing. Dit is asof jy saam hulle sing. Dit was befok! En hoe cool is dit dat meeste mense al die hele liedjie back-to-front kliphard sing? Okay dalk was dit net ek… steeds, dit was awesome human spirit vibes daai. Vir die manne wat saam my gekuier het was dit 'n geval van "ons mis noddefok die anthem nie."
Seriously ouens, as jy geskiem het daai hits was huge op TV, ons het koppe hoor klap daar op die Oos Paviljoen. Klipharde ruggas. Dit freak my dalk nog so bietjie uit dat ons "Olê Olê Olê" vibes gooi. Dis Mexican sokker se tunes daai. Ons het dit gedoen terwyl Samoa 'n mini Haka gooi maar behalwe vir dit was die standard "Booo" net vir 'n kak call deur die ref/TMO reserve.
Dit was amazeballs, meeste plekke waar ons manne jol try hulle Nuweland se "Booo"s beat elkekeer as die flyhalf 'n skop opline. Oos-Paviljoen Loftus word jy gou getune om te sharrafuckup as iemand 'n skop opline. Respek ouens. Daai is human spirit.
Na die game
Daar is 'n moerse trendy bar oorkant Shivas. Ons was daar en daar was allerande spirits. Ek dink Braaiboy moet vir my 'n sponsorship by Goodfellas organise – my tjommas wat nie drink nie raak gatvol om my huistoe te ry elke naweek.
Watkykjy staan op 3,056,052 post views in totaal sedert 1 November, 2019.