Dis weer tyd vir die groot maandelikse Park Acoustics party by Fort Schanskop by die Voortrekkermonument met ‘n fokken lekker line-up. Click op die beertjie-leeu-marabsie om vir jouself tickets te koop (die goed verkoop altyd vinnig uit) of check hieronder – ons het twee double tickets up for grabs…
Met die laaste Park Acoustics het hulle fokken root gegaan. Dit was hulle derde verjaarsdag en dinge het geloop soos stroop. Kyk self waarop jy uitgemis het as jy nie daar was nie. Ons het so paar shots vir jou in ‘n video gebliksem:
Ons het ook twee double tickets om weg te gee na hierdie Sondag se Park Acoustics as jy deel soek van die action. Tune ons net in die comments wat die oorsese band se naam is wat hierbo in die video met ons soos matrose gesels. Ons sal twee random wenners met die korrekte antwoord kies teen 13:00.
Staan ook sommer lekker naby wanneer The Black Cat Bones hierdie Sondag jol. Hulle mag dalk net vir julle so paar van hierdie outjies in die crowd ingooi. Ons het dit spesiaal in Uganda laat maak van alle plekke. Dik special:
Watkykjy staan op 3,048,784 post views in totaal sedert 1 November, 2019.