As jy ooit in Nelspruit of een van daai laeveld dorpies was moes iemand jou al van Jock of the Bushveld vertel het. Daai staffie was ‘n legend. Hy was soos Heinrich Brussow by ‘n breakdown. Spiere en ‘n low centre of gravity wat sorg vir spuities in die broeke vir van die grootste manne wat nog ooit rappie gespeel het. Jock was moerse lief vir sy baas, maar as jy nou al daai storie gelees het… fokkit dit eindig met die brak wat perongeluk geskiet word omdat hy doof was of something. Dit is soos Lion King sonder die happy ending. Mufassa!
So van lees gepraat, Griff en Chopper se Tos boek is weer beskikbaar. Gaan koop hom en lag jouself in ‘n papie.
Wat die groot game van die naweek aanbetref wil ons nog so bietjie meer magic van ons manne sien, al is dit teen ‘n spannetjie wat nie eens onder die top 10 in die wereld val nie.
Luister ook sommer na ons ruggas kakpraatsessie:
Raait, hier is die naweek se ruggas op die ou Superbru.
Japan v Wales (07:00)
Toe was laasweek se game ietwat aan die tight kant vir die manne van Walles. Ek skiem hulle gaan die week bietjie wakkerskrik.
Kortbroek pick: Wales met 11
Griff pick: Wales met so 23
All Blacks v France (9:35)
Rukke en stote en ‘n Ma’a Nonu wat vir die eerste keer die seisoen bietjie ordentlik rappie jol. Ja, die All Blacks het amper hul gatte gesien in Auckland, maar behoort die week so bietjie meer oemf te hê. Ek doen die Haka in my onderbroek. #truestory.
Kortbroek pick: World champs met 4
Griff pick: All Blacks met 12
Samoa v Italy (14:15)
Okay so daar was ‘n groot verskil tussen die Samoa wat teen die Lions verloor het en die Samoa wat die Skotte pakslae gegee het. Daarteen het die pizza delivery boys so bietjie wakker geskrik in die tweede helfte teen die Bokke. Kom ons check maar wat gebeur die week.
Kortbroek pick: Samoa met so 12
Griff pick: Ek skiem Italy gaan hierdie een net-net verloor. Met so 15.
Bokke v Scotland (17:15)
Vier drië deur die backline en een deur die vories. Dit was vir my mooi. Dalk bietjie aan die skaam kant dat Italy ‘n drie teen ons gedruk het maar 44 punte is seker heel kiefpiele. Ons het ook ‘n hele paar cool moves in die game afgepul. Dit was ook mooi. Die Skotte is in vir ‘n solid PK in MaPumalanga, so kappit rustig.
Kortbroek pick: Bokke met ten minste 26
Griff: Bokke met 18
Pumas v Pommies (21:10)
Ek gaan weer vir die Pumas om die pommies te piets al het dit my laasweek punte gekos. Ek like die Pumas want hulle is nie Pommies nie.
Kortbroek pick: Pumas klap ‘n 3 punt wen.
Griff: Die UK manne met 7 (‘n drie en ‘n straffie)
Sondag
Canada v Ireland (02:00)
The leprechauns het so bietjie gesukkel teen USA laasweek. Shame. Canada sal sukkel om Menlo Park se eerstespan te beat. Dubbel shame
Kortbroek pick: Irish met so 7.
Griff pick: Ierland sal met so 13 wen.
Lekker langnaweek. En as hy nie lank genoeg is nie, onthou foreplay help.
Watkykjy staan op 3,056,549 post views in totaal sedert 1 November, 2019.