Een van die kief dinge van in 'n free country bly, is die reg om jou bek te rek as jy nie happy is met service nie. Soos byvoorbeeld, jy gaan eet uit en die burger pattie is rou, dan eet jy hom 3/4 op, roep die manager, laat jou tjerrie 'n vloermoer gooi en met bietjie luck hoef julle fokol te betaal nie. Vet score. Of as Telkom jou rekening verkeerd maak, dan gaan kap jy lawaai op Hellopeter.com, of jy kry Carte Blanche om hulle te expose as lae etters. Either way gaan jy fokol bereik nie, maar darem het jy jou ongelukkigheid mooi ge-vent.
Dis pretty much hoe ver jy gaan kom met jou dissatisfaction in die privaatsektor. As dit by die publieke sektor kom, gaan jy bietjie meer drasties moet optree. Goeie gebruik in veral Suid-Afrika is om plakkate te maak, te dans, asblikke rond te gooi, vensters te breek en die kak uit tyres uit te brand. Dis die modus operandi pappie. Al vir dekades lank. Maar soos elke volbloed Suid-Afrikaner weet, kan ons nie vooruitgang hê sonder verandering nie. Dis dan seker waar as dit by ons vorms van protes ook kom? Die ou kak werk nie meer nie. Ons moet progress my bra. En ons het.
As jy so nou en dan die nuus kokkenodge het jy seker gehoor, sien of ruik wat onlangs begin (skilpad) kop uitsteek het in die Wes-Kaap. Sommige ouens is nie baie happy oor die tuppertoilets wat die goewerment so arrogantly for pasella gaan afdrop het in – onder andere – Khayelitsha nie. Die kêrels het toe besluit hulle gaan hulself bietjie express deur tannie Helen Zille se bus vol kak te gooi – en nie beeskak nie, hulle EIE kak!
Soos gewoonlik moes die ANCYL main manne ook kom injoin by die kakstokery (wat heel moontlik kak op marble potte en gat afvee met satyn insluit)
In all fairness is daai “pota-pota”s nogal fokken grim. As ek by festivals is avoid ek daai goed ten alle koste. Hulle maak net goeie cover vir 'n plek om AGTER te staan en pis, actually. Then again, om kak na die probleem te gooi is ook nie die oplossing nie. As die hele issue met die plastiek kakhuise is dat hulle degrading is vir die occupants, wat de fok bewys jy deur jou poefies te gaan gooi in die strate? Dis so goed die strippers by Teazers strike omdat hulle tune hulle word soos hoere behandel en in protes gee hulle almal in die crowd 'n free kopkou saam met 'n lap dance. Dis net 'n onnosele fokken mentaliteit om te hê. Imagine as hierdie kak begin vlamvat regoor die land..?
Kom ons sê elke keer as ons kwaad raak oor iets, begin ons kak rondslinger. As hulle vergeet om mayo op jou burger te sit by KFC dan gaan gooi jy gou bietjie slap drolle agter die counter in. Of as jou AVIS kar jou minder mileage op die liter gee as wat hulle belowe het, dan gaan park jy hom voor hulle deur, vang vet spuities op die voorruit en sit sommer die wipers ook aan vir good measure. Lekker morsig. Ten minste bewys ons op hierdie manier al die stereotypical idees wat die Westerse wêreld oor Suid-Afrika het, heeltemal verkeerd. Niks tune “beskaafd” soos mense wat karre en parlementsgeboue vol MENSkak gooi en besmeer nie.
Dis amper soos 'n SA weergawe van Pimp My Ride, behalwe, in plaas daarvan dat jy 'n chrome jakoetsie met technicolour LEDs agter op jou 1300 Datsun bakkie kry, kry jy jou hele kar met slap borrie-kak besmeer.
Dit kan 'n nuwe vorm van terreur wees. Ek hoor klaar die word on da street is “Shittacking”. Dis eintlik befok. Ek dink actually ek kan geld hieruit maak. Toeriste begin waarsku as hulle land by O.R. Tambo – ek kan kakbaie sambrele en ponchos verkoop my bra! In die overseas gebruik die terroriste karbomme, hier gebruik ons sommer kakbomme. Dalk sal ek 'n paar t-shirts ook print met 'n gesig van 2-Ply Shakur op vir die rebelle – “Join The (bowel) Movement..”
Ag wat, dis lekker in Suid-Afrika, lekker deurie kak my bra!
Watkykjy staan op 3,118,393 post views in totaal sedert 1 November, 2019.