An Appetite for Peas – Casey B. Dolan

In Watkykjy Reviews deur Sletsappie

Jy’s alleen by die huis. Jou tjerrie se pienkerige boek met die halfkaal hottie op die cover trek jou oog… of jy ís die tjerrie en dis jóú pienkerige boek met die halfkaal hottie op die cover.

Jy kyk rond met shifty eyes, trek die deur op ’n skrefie en slaan dit by die eerste hoofstuk oop. “Nailed” sê die opskrif.

“Excuse me, I’m looking for a screw… about this size?”, lees die eerste sin. Meteens voel jou palms bietjie sweterig en skielik hoop jy dis ’n DIY-boek en nie ’n DY-boek nie. Jy check weer die cover uit. Watse soort outobiografie is hierdie? Wie is hierdie seksnimf?

caseyCasey B. Dolan se roemryke loopbaan as aktrise, televisie aanbieder, verhoogkunstenaar, DJ, entrepreneur, sangeres en FHM South Africa se sexiest woman in 2000, word eerstehands ontleed in haar debuutroman – An Appetite for Peas.

Hoewel die boek beslis ’n stoute en grappige trant het, is dit bloot ook net ’n eerlike verhaal van ’n mooi, jong girl wat haarself deur ’n lewe vol groot planne, seks, roem, mans, familie en sukses probeer vind.

Wanneer sy vertel van haar eerste rowwe kafoefel met die vyf-en-twintig jarige “Trouble”, kry Casey B. dit reg dat jy gelyktydig cringe van skaamte, jouself doodgiggel en jou onderlip in spanning byt. Van daar af is die eskapades en skandes volop. Maar sy waarsku dat An Appetite for Peas beslis nie die Suid-Afrikaanse Fifty Shades of Grey is nie. Sy noem dit eerder die “antichrist of Fifty Shades” omdat dit ’n ware verhaal is en nie net ’n hygroman nie.

Casey B. praat openlik oor haar verhoudings en persoonlike battles, maar sy neem haarself ook nie te ernstig op nie, so dit het glad nie daai Grey’s Anatomy-tjankerige vibe nie. Die girl het Springbokkleure in karate for fuck’s sake.

Sy vertel dat sy verplig gevoel het om die boek te skryf en haar storie te vertel. “Someone great once said that ‘the conversations you least want to have are the ones you should be having’. Well, my book is kinda one freakin’ long conversation and I guess somehow that is pretty cleansing,” sê Casey B.

An Appetite for Peas sal jou laat lag, dit sal jou laat snik; maar dit sal jou ook laat besef dat selfs die mooi, bekende mense nie net shiny, happy people is nie. Hulle het hulle eie baggage en stuff.

Meisies, Casey B. se boek is ’n regte page turner en baie minder confusing as byvoorbeeld Game Of Thrones of die Huisgenoot. Ouens, koop die boek vir jul tjerries. Verkieslik voor die Super 15 weer begin en julle bietjie alleentyd saam met jul pelle wil hê, maar moenie dink julle kan nie ook iets hier leer nie.

Lees dit wanneer jy alleen by die huis is. Ons geheim.

Hierdie post is 154 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,737,633 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
SletsappieAn Appetite for Peas – Casey B. Dolan